Johannes Froneman

Johannes Froneman is professor in joernalistiek aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus. Hy was assistentredakteur van Kerkbode van 1981-83 en het sy meestersgraad in joernalistiek verwerf met 'n verhandeling oor die beeld van die kerk in Beeld in 1982.

Hy is tans Kerkbode se korrespondent vir die NG-sinode: Wes-Transvaal.

Op soek na ’n billike beeld van die kerk

Johannes Froneman Seminare en essays 2024-09-11

"[D]ie Christelike kerk [het] dramaties in styl en inhoud verander. Hoe vat jy so ’n veelkantige verskynsel in enkele woorde vas? En hoeveel daarvan word in die media weerspieël?"

Afrikaanse koerante het lank gelei en mislei, nou is dit tyd vir vorentoe kyk

Johannes Froneman Menings 2024-07-02

"Sonder die bydrae van die Afrikaanse koerante sou Afrikaans as taal nie gegroei het soos wat wel gebeur het nie. As kampvegter vir Afrikaans op vele terreine was die koerante se rol onmeetlik. Dink aan die vestiging van moedertaalonderrig, Afrikaanse universiteite en die uitbou van die taal se woordeskat en segsvermoë."

UKkasie: ’n terugblik en ’n gesprek

Johannes Froneman, Maryna Blomerus Onderhoude 2024-06-19

"Ons was onapologeties trots Afrikaans. Omdat ons in die buiteland gewoon het, het ons gesien hoe subkulture in multikulturele samelewings trots omgaan met hul eie identiteit en dat hoewel almal doodpragmaties Engels gebruik vir besigheid, daar nie van hulle verwag is om hul identiteite prys te gee nie."

Is Die Burger die nuwe Son?

Johannes Froneman Seminare en essays 2024-05-14

"Gegewe die stryd wat koerante vandag het om lesers te behou, is dit seker nie onbillik om te vra of ’n vorm van populisme nie dalk noodsaaklik is nie. Maar dan ’n etiese populisme. Of sal dit ’n oksimoron wees?"

Die voortsetting van Die Transvaler as die Noord-Transvaler Metro, sy ondergang en die einde van Perskor

Johannes Froneman, Elvira Wood Seminare en essays 2019-10-04

"Uiteindelik is die voortbestaan van koerante, ook gemeenskapskoerante soos die destydse Metro, ’n ekonomiese magspel waarin die olifante die gras vertrap. Maar die storie hiervan word selde vertel."

Joernalistieke pogings tot vrede deur geregtigheid

Johannes Froneman Seminare en essays 2018-05-10

"In die lig van werk oor 'vredesjoernalistiek' word die vraag hier gevra of die joernalistiek van Schalk Pienaar (Die Beeld), Willem de Klerk (Die Transvaler en Rapport), Frits Gaum (Die Kerkbode), Doret Jansen (Wes-Transvaal Rekord) en Max du Preez (Vrye Weekblad) nie in ’n mindere of meerdere mate ’n konfronterende ('adversarial') joernalistiek verteenwoordig het wat juis ook geregtigheid en vrede gedien het nie."

Wie's die engel: kerk of media?

Johannes Froneman 2013-04-17 "Doodgewone liefdesdiens van die kerk ... voldoen nie aan koerante se daaglikse behoefte aan verkoopbare nuus nie ..." Kerkbode-korrespondent beskou die media se hantering van die kerk.

YouTube-onderhoud: Johannes Froneman

Johannes Froneman 2011-12-08 Johannes Froneman gesels oor homself en sy akademiese agtergrond en vertel van sy ervaring as mediapraktisyn en hoe hy eindelik as dosent by die NWU beland het. Verder bespreek hy sy en Christo Lombaard se gesamentlike LitNet Akademies-artikel.

’n Kritiese evaluering van godsdienstige verwysings in berigte oor misdaad en ongelukke in Beeld en Rapport

Christo Lombaard, Johannes Froneman LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2011-03-17

"Godsdienstige verwysings in berigte oor misdaad en ongelukke in die dagblad Beeld en die Sondagkoerant Rapport kom hier aan die orde, omdat sodanige verwysings soms prominent in opskrifte en beriggewing voorkom en dus (waarskynlik onbedoeld) ’n sekere blikpunt bied op gewone (veral Afrikaanse) mense se geloofsreaksies op die traumas wat met misdaad en ongelukke gepaard gaan."

Top