Johann P Boshoff

Johann P Boshoff (Jan Kempdorp, 1956) het sy kleinkinddae in Johannesburg deurgebring, in 1973 aan die Hoërskool Sentraal Bloemfontein gematrikuleer en in Maart 1983 sy BA Hons. in Afrikaans-Nederlands (letterkunde) aan die Universiteit van Johannesburg (destyds RAU) verwerf.

Boshoff was beroepsgewys onder meer (in volgorde) vryskutakteur, onderwyser en taalpraktisyn. As laasgenoemde het hy uiteindelik op 30 Maart 2004 uitgetree as hoof van Afrikaanse vertaling en redigering van die Nasionale Taaldiens, Departement van Kuns en Kultuur, Pretoria. Daarna verhuis hy en spits hom sedertdien toe op sy skryf-, joernalis- en vryskuttaalwerk, met slegs twee kort tussenspele as senior koerantsubredakteur (kopiesub) in Johannesburg en Bloemfontein.

Boshoff, multigenreskrywer, publiseer sedert 1983 (as solo-publikasies en bydraes tot versamelbundels) aanvanklik grootliks akademies en, sedert 1998, veral nie-akademies, te wete poësie, literêre prosa, Christelike oordenkingsbundels en joernalistieke werk, met lg. hoofsaaklik "sagte" nuus en resensies. Altesame 34 boeke het reeds onder sy naam verskyn.

Hy het die gewoonte om meer as een boek gelyk bekend te stel – 1998, 2002, 2006 en 2009. In 2011 doen hy dit weer op die Vryfees (voorheen Volksblad-kunstefees) in Bloemfontein.

Sy grootste eerbewys was toe hy in Februarie 2008 as Afrikaanse Skrywer van die Dekade (vir die bevordering van nasiebou deur veeltaligheid) deur die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat) vereer is.




Opgedateer/Updated: 2011-05-17
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

"Historiese foto" - 20 jaar later

Johann P Boshoff 2013-01-07 Vier skrywers op een foto, aangesien dit nou maar die tyd vir nostalgie is, of hoe?

Haikoe-kompetisie: 6 Haikoes deur Johann P Boshoff

Johann P Boshoff 2012-11-13 Johann P Boshoff se 6 inskrywings vir ons haikoe-kompetisie

"Stille vraag" deur Johann P Boshoff

Johann P Boshoff 2011-09-20 Stille vraag Wat om my hart se hut vou sag soos ‘n doek van vel, en bring – vreemd – ‘n stilte wat van tuiskoms my vertel? Wat kom beweeg my gees kaalvoet hier op die langpad en stap ...

"Vaders van ons vaders" deur Johann P Boshoff

Johann P Boshoff Academic research 2011-09-20

Vaders van ons vaders Vaders van ons vaders, op wieke van my lied vlieg vrae uit my mond na u van onder rots en gruis: vrae oor verkeerdheid, van herwaarts of derwaarts, bly net hier waar ek dan nou is of ...

"You Never Cried for Me" by Johann P Boshoff

Johann P Boshoff 2011-09-20 You Never Cried for Me you cried for seagulls in oil and sludge for aimless whales washed out on shores for bone-starved cattle in spreading deserts you cried for forests being burned for crops that ...

"I Need You to Need Me" by Johann P Boshoff

Johann P Boshoff 2011-09-20 I Need You to Need Me You came into my life needing me to hold you, to console you when love had left you when he had said he was not what he was for you. And so I took you in the heartbroken you the ...

"Verbeeldingsvlug" deur Johann P Boshoff

Johann P Boshoff 2011-09-20 Verbeeldingsvlug kom ons verbeel ons niks word onthou nie geen ding is gedoen nie geen hart aangeraak nie net die swyende toekyk die kaatsende spieëls kerende skynsels wat harte versteen kom ons ...

Musiek-en-liriek-man, Hannes Beukes, oorlede

Johann P Boshoff In memoriam 2011-05-04

IN MEMORIAM: Hannes Beukes (15 November 1955 - 29 April 2011)Mnr Hannes Beukes, in die vroeë 1980’s ’n bekende komponis en liriekskrywer in die Afrikaanse musiek-en-liriek-beweging, is op Vrydag 29 April op die ...

Ons protesteer

Johann P Boshoff Seminare en essays 2010-08-24

As skrywer voeg ek graag my stem teen die beoogde nuwe wetgewing en wil die petisie onderteken. Ek het al wyd gepubliseer, ook op LitNet.
Johann P Boshoff

Chris Lamprecht se nuwe kunslied-siklus uitgevoer

Johann P Boshoff Musiek 2009-07-01

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se eeufeesviering in Bloemfontein het op 24 Junie ‘n kunslied-etenskonsert in die Odeion ingesluit.

Afrikaanse skrywers oorheers Suid-Afrikaanse literêre toekennings

Johann P Boshoff Boeke en skrywers 2008-12-12

Afrikaanse skrywers het die Suid-Afrikaanse Literêre Toekennings (Sala) Maandagaand 8 Desember op Midrand op die vierde Sala-glansgeleentheid oorheers.

Taksering en die Afrikaanse letterkunde as Suid-Afrikaanse letterkunde

Johann P Boshoff Seminare en essays 2008-11-27

Om te resenseer of nie te resenseer nie – en indien wel, hoe – is tans die kwelvraag. Dit interesseer my enigermate.

Vanself ... soos asem - Amanda Strydom

Johann P Boshoff Musiek 2008-11-12

"Van God."Net dit. Nie 'n rasionaliserende relaas oor hoe haar bipolêre depressie 'n klomp energie laat loskom soos Thomas Moore in sy Care of the Soul beweer met depressie gebeur nie. Nee."Van God."Van Hom, ...

Die Bybel in Afrikaans

Johann P Boshoff Geestelik 2008-09-08

Sonder die Bybel in Afrikaans was geen uiteindelike standaardisering en amptelike erkenning van Afrikaans as't ware moontlik nie, al het die letterkunde uiteindelik wel wesenlik daartoe bygedra.

Chris Chameleon: Wesenlik anders

Johann P Boshoff Musiek 2008-08-12

Om 'n indrukwekkende mens soos Chris (nié Chameleon nie) maar net nog 'n keer op dieselfde ou stokkie neer te sit, doen hom 'n onreg aan.

Top