Haikoe-kompetisie: 6 Haikoes deur Johann P Boshoff

  • 0

 

 

Rosendal

Populiere verstrak tot takke 
wat luister
waar die winter in sandsteen swyg.

 

ongetiteld

Rose se reuk 
pleeg bedrog:
die kaleidolente ontbind.

Pretoria

Jakaranda se pers 
is rooi:
’n lanferlente wat bloei.

 

Voorjaar

 

Die lente se sysies 

se lafenis
is ’n voorsomersproeisel.
 

Hanger

 
Die tou tussen nek en tak
is buiteseisoenlik
makaber ’n Kerstooisel.
 

 

Afspraak

Gisteraand se oop deur

het, ter streling,
die winterwind ingelaat.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top