Verbeeldingsvlug![]()
kom ons verbeel ons
niks word onthou nie
geen ding is gedoen nie
geen hart aangeraak nie
net die swyende toekyk
die kaatsende spieëls
kerende skynsels wat harte versteen
kom ons verbeel ons
niks het gebeur nie
geen sin is gevind nie
geen diepte gebaat nie
net die swyende toekyk
die kaatsende spieëls
sinkende skim van ontmaande gevoel
kom ons verbeel ons
alles begin nou
soos die eerste keer weer kyk
sonder kaatsende spieëls
![]() |



