Stille vraag![]()
Wat om my hart se hut
vou sag soos ‘n doek van vel,
en bring – vreemd – ‘n stilte
wat van tuiskoms my vertel?
Wat kom beweeg my gees
kaalvoet hier op die langpad
en stap kordaat daarheen?
Wát wag waarheen dit my vat?
Wat fluister in my oor
oor die eindpunt van my reis
se vreugde sonder spyt?
Wát wys dié fluister vir my?
Wat borrel op in my
deur die stilte soos ‘n sug,
wat lig voel en wil praat
in woorde soos ‘n brug?
Is die trekkrag so groot
om my wel by woorde te bring
wat anderkant plek, tyd
‘n huis verwag, en sing?
![]() |



