Eugene Brink

Eugene Brink is ’n sakekonsultant, entrepreneur en ontleder.    

Munisipale verkiesing: Dink hieroor

Eugene Brink Seminare en essays 2026-03-13

"Die waterkrisis is sekerlik die ernstigste van alle uitdagings. Die land se grootste en belangrikste stad gaan gebuk onder nypende wateronderbrekings."

Die eenvoudige verskille tussen goeie en swak munisipaliteite

Eugene Brink Menings 2025-10-21

"Deurlopende werk maak ook ligte werk. Dit is baie makliker en goedkoper om weekliks korterige gras te sny en deurgaans klein slaggate te herstel as om later groot skadebeheer toe te pas. Identifiseer prioriteite, skep ’n roetine van instandhouding en werk en hou dan daarby."

Afrikaans: ’n SWOT-ontleding

Eugene Brink Seminare en essays 2025-05-29

"Die eenvoudigste aanduider van Afrikaans se lewenskragtigheid is hoeveel Afrikaanssprekers daar steeds is. Hulle vorm ook, straks naas Engels, die mees diverse groep in die land: Meer as sewe miljoen moedertaalsprekers en daarnaas duisende mense wat die taal kan verstaan en praat is nie te versmaai nie."

LitNet Akademies Weerdink: Die munisipale afgrond en 2026-scenario’s

Eugene Brink Seminare en essays 2025-03-07

"Ratings Afrika, ’n firma wat onder meer munisipaliteite se finansies ontleed, waarsku al sedert ten minste 2022 dat plaaslike regering op die rand van ’n afgrond is."   

Is verengelsing die Bela-wet se skuld?

Eugene Brink SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-09-20

"Maar om te Bela of nie te Bela nie is eintlik nie ter sake nie. Dit lewer dalk lekker nuus op, maar die lot van Afrikaans as voertaal in skole hang van meer af as net een wet. Bela is ’n strydkreet vir rolspelers aan albei kante van die geveg, maar ook ’n skuifmeul vir veel meer prosaïese maar harde werklikhede."

Onafhanklike Wes-Kaap: Politieke uitdagings en alternatiewe

Eugene Brink Seminare en essays 2024-03-25

"Aangesien Wes-Kaapse onafhanklikheid in Afrika nagestreef word, is dit insiggewend dat die eiesoortige politieke geskiedenis en konteks van selfbeskikking deur sesessie in postkoloniale Afrika bekyk moet word. Anders as byvoorbeeld Europa, waarvan die grense al heelwat gewysig is, is hedendaagse Afrika uiters behoudend wat hierdie verskynsel betref."

Wes-Kaapse onafhanklikheid: ’n bondige blik op die regsinstrumente

Eugene Brink Seminare en essays 2024-03-07

"Verskeie rolspelers is tans besig om aan die kwessie van Wes-Kaapse onafhanklikheid prominensie te gee. Dit is te verstane gegee die verval en wanregering in die res van die land, wat grootliks onder ANC-beheer is op alle vlakke van regering."

Suid-Afrikaners, gaan trek julle kruisies!

Eugene Brink Menings 2024-02-12

"Daar sal owerhede met magte en bevoegdhede na vanjaar se verkiesing wees, of 2 000 of 20 miljoen mense gaan stem. En daarna sal mense weer in verkiesings gaan stem en daar sal owerhede wees wat beleid en wette skep. Jy verloor niks deur vir een van die talle (kennelik onvolmaakte) partye te stem nie, en die groot aantal wegblyers maak juis jou stem groter."

Top