Dawie van Velden

Dawie van Velden het as mediese praktisyn in Pietersburg en Sabie gepraktiseer voordat hy as direkteur van die Studentegesondheidsdiens by die UOVS aangesluit het. In 1984 aanvaar hy ’n aanstelling as senior lektor aan die Universiteit Stellenbosch, waar hy die Departement Huisartskunde vestig en waaraan hy tot sy aftrede in 2003 verbonde is.

Hy verwerf die grade MB ChB (Stel) in 1968, M Prax Med (Pret) in 1973 en M Phil (Joernalistiek) (Stel) in 2008 en ontwikkel ’n belangstelling in sportgeneeskunde en holistiese gesondheidsorg. Hy behartig ’n rubriek in Huisgenoot oor gesondheidsake en is betrokke by navorsing in verband met die gesondheidsvoordele van matige wynverbruik en die Mediterreense dieet. Hy is nog op deeltydse basis betrokke by studente se opleiding in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch.

Foto: Naomi Bruwer

US-taaldebat 2021: Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit Stellenbosch

Dawie van Velden Universiteitseminaar | University Seminar 2021-04-07

"Mense van alle vlakke van die samelewing het ’n behoefte aan wetenskaplike inligting in hulle moedertaal van die wêreld waarin ons leef om sin te maak van ingewikkelde begrippe in verstaanbare taal. Universiteite is belangrike nasionale bates waar vernuwende denke tot verbetering van ons land en die wêreld moet lei."

Hoop, heling & harmonie – dink nuut oor siekte en genesing deur Malcolm de Roubaix: ’n resensie

Dawie van Velden Resensies 2020-10-19

"Om aan ’n pasiënt te sê: 'Jy makeer niks nie', los nie sy probleem op nie. Hy is dalk bang dat die spanningshoofpyn die gevolg is van ’n breingewas, want sy vader het ook hoofpyn gehad wat later gediagnoseer was as ’n kwaadaardige gewas. Hierdie mense benodig dus gerusstelling deur ’n bekwame huisarts wat vertroud is met die omstandighede van sy pasiënte."

Die invloed van obesiteit op pasiënte met COVID-19-infeksie

Dawie van Velden Seminare en essays 2020-05-05

"Die pasiënt se samewerking word nou ’n belangrike faktor om sy weerstand teen infektiewe siektes te verhoog sonder onnodige en potensieel nadelige medisyne. Uiteraard behels hierdie benadering positiewe motivering vir die pasiënt om betrokke te raak by sy eie genesing en behoud van gesondheid."

Die daggadebakel: uit ’n mediese oogpunt

Dawie van Velden Seminare en essays 2018-10-02

"Ons gaan nog lang trane huil oor hierdie ondeurdagte besluit."

Die lang man sonder skaduwee deur Antoinette Pienaar: ’n resensie

Dawie van Velden Resensies 2018-04-24

"In haar gesprekke met oom Johannes lig sy die sluier oor die Griekwas se geloof om die mens te help om die fisieke en die emosionele in die liggaam te balanseer sodat die genesing van die gees en liggaam hand aan hand kan gebeur."

Gesondheid, wonderkure en die wetenskap

Dawie van Velden Seminare en essays 2018-04-18

Is rooiwyn goed vir jou? Wat van suiker en wat van botter? Dawie van Velden skryf oor mites in die media, oor wonderkure en algemene gesondheid.

Lore of nutrition – Challenging conventional dietary beliefs deur Tim Noakes en Marika Sboros: ’n resensie

Dawie van Velden Resensies 2018-01-02

"Ons kan ons hoed afhaal vir Tim Noakes wat gestaan het by sy beginsels, en met groot wetenskaplike integriteit sy standpunt verdedig teen sy eie kollegas en akademiese instellings wat hom ongenaakbaar gekritiseer het."

Klim op die Bant Wagon deur Nick Charlie Key, ’n mediese beskouing

Dawie van Velden Menings 2017-05-17

"Die kernboodskap van hierdie dieetpatroon is dat ons onsself moet losmaak van die gevestigde dieetpatroon soos deur die Amerikaners voorgestel, en moet ag slaan op navorsing wat toon dat gesonde vette ryk aan omega 3-vetsure nie so skadelik is as wat voorheen aan ons voorgehou is nie."

Top