Huldeblyk aan Matthys Strydom (1935 – 2022)
2022-06-21"Met openingsaande was daar ’n tou voor die deur van gaste wat gretig was om binne te kom. Geen voorskoue is gehou nie en dit het twee weke geduur om die werke te hang en te plaas. Baie van die kunstenaars het ook die openingsaand bygewoon en die wedywering van die gaste om die werk te sien en die eerste te wees om te kan koop, was aansteeklik."
In memoriam: Gabriël (Gawie) Fagan (1925–2020)
2020-09-18"Fagan was ’n veelkantige mens wat nie in ’n enkele definisie pas nie. Hy was iemand wat nie vir ’n uitdaging geskroom het nie en altyd met geesdrif en ywer nuwe projekte aangepak het."
In memoriam: Amanda Botha onthou vir Elsa Joubert
2020-06-18"Uit my talle notas soek ek nou na die essensie van haar menswees wat ek geken het. Met die lees van my notas hoor ek hoe sy praat, ken ek haar gesigsuitdrukking en houding, hoor ek hoe sy woorde beklemtoon. Vir my dus nou ’n gesprek van herinneringe."
Kunsuitstalling vier die grensverskuiwende rol van vrouekunstenaars
2018-08-13"Die waarde van hierdie uitstalling lê nie net in die herwaardering van die bydrae van vrouekunstenaars nie, maar veral om opnuut erkenning te gee daaraan dat hulle ’n deurslaggewende bydrae gelewer het en steeds ’n betekenisvolle rol speel om Suid-Afrikaanse kuns mededingend met die res van die wêreld te maak."
Spieëlbeeld: ’n onderhoud met Franz Marx
2017-12-06Franz Marx: "Om te skryf en te verwoord, dis eintlik die kern van my loopbaan en uiteindelik het ek nou my eerste boek in die hand."
geskoei deur Johan Rabie Murray: bekendstelling by Stanford Valley
2017-11-01"Murray se gedigte getuig van ’n geleefde lewe met sy insigte wat telkens die innerlike verken. Vriendskap en ’n besinnende omgang met ouer word is sterk temas van die bundel, soos die bundeltitel getuig."
Welgemeend se “Maand van kuns”
2017-08-24"Hierdie maand is die fokus op die 'vergete' kunstenaars van die periode van die 1950’s tot die 1970’s wat deel was van die abstraktekuns-beweging wat internasionaal wyd aanklank gevind het."
Hoe ek vir Wilfrid Cooper as mens geken het
2016-08-01"Hy was ‘n helder lig in ‘n nagdonker tyd van ons land- en regsgeskiedenis."
Resensie: Stories deur Julia Donaldson leer kinders om te lag
2015-11-04Ses humoristiese verhaaltjies deur die bekroonde Skotse skrywer is nou ook in Afrikaans beskikbaar.
The Artist in the Garden: The Quest for Moses Tladi 'n stuk liefdeswerk
2010-04-14Op die agterplat is die aanloklike uitnodiging: "Discover South Africa’s first black artist working in an international style." En dan sommer ook die inleidende sin: "Like Monet who was a gardener and an artist."
