Die oorlog is verby, kameraad
2025-02-19"Die tragikomiese hoorspel handel kortliks oor ’n 'loser', ’n staatsamptenaar genaamd Lafras Verwey, wat droom om uit sy vaal omstandighede te ontsnap. Lafras word genader deur ’n man wat hom vra om geheimsinnige pakkies vir hom af te lewer."
Onsigbares en gelukkige eindes: ’n gesprek tussen PJO Jonker en Hennie Aucamp
2024-12-17"Met die lees van die volgende twee uiteenlopende verhale het ek nie ’n gevoel van prekerigheid ondervind nie, maar aansporing tot selfondersoek was daar beslis."
Die laaste soen
2024-11-14"Hy het haar onlangs onverwags gesien in ’n winkelsentrum terwyl sy besig was om met ’n roltrap na onder te beweeg. Dekades het verloop en tog het hy haar herken. Sy het hom nie opgemerk nie en as sy ’n totale vreemdeling was, sou sy nie sy aandag getrek het nie; net ’n gewone ouer vrou tussen al die mense."
Om Bibi Slippers in Gqeberha te vind: ’n lesersindruk van Soekenjin
2024-10-29"Daar is heelwat gedigte in Soekenjin wat ek nog moet ontrafel, maar oor die algemeen is die gedigte heel toeganklik vir ’n nie-letterkundige soos die uwe. Gedigte oor die lus, liefde, lewe en die soektog van die moderne mens met sy internet, WhatsApp, Google, Tinder en ander dinge waarvan ’n Baby Boomer soos ek nie eers weet nie."
Vyf vrae aan Albert de Vos oor Spierwit blues en Hennie Aucamp se dagboeke by die KKNK
2024-03-19"Dit is presies 10 jaar gelede in Maart 2014 dat Hennie Aucamp oorlede is, en ek reken dit is goed om sy skryfwerk nou met ’n produksie soos dié te vereer."
In gesprek met Kleinboer oor die kosmos en sy bundel erf en elders
2023-12-18"Ja, die verganklikheid spook nogal by my, die vlugtigheid van alles. Ek sê gereeld vir blommetjies in die verbygaan: 'Ek sien julle, hoor!' Môre sal hulle verwelk wees en oormôre leweloos."
Toyota US Woordfees 2023: ’n onderhoud oor Spierwit blues en Hennie Aucamp se dagboeke
2023-08-24"Hennie Aucamp is vir my nie net ’n uitstekende skrywer nie, maar ook ’n filosoof. Sy kortverhale is baie meer as blote fiksie; dit is studies van die menslike psige ook."

