1 April 2025: Gekkedag-uitnodiging

  • 1

Foto: Couleur op Pixabay

Beste LitNet-lesers

Dis Gekkedag vandag, maar ons wil niemand ’n poets bak nie.

Die LitNet-redaksie nooi mense uit om vir ons te skryf oor dinge in die lewe wat gek is. Dit kan oor enigiets gaan: hoe absurd die prys van brood is, of hoe snaaks dit lyk as sekere mans snorre kweek, of watter regerings aan bewind is, of hoe vergesog dit is wat in verskillende wêrelddele aan die gang is – of net eenvoudig iets snaaks, ’n onverwagse of humoristiese staaltjie wat jy met die res van ons lesers wil deel.

Dit kan ook ’n doodgewone herinnering wees aan ’n Gekkedag-bydrae wat jy jare gelede in die koerant gelees het.

Ons sal nie iets kan publiseer wat langer as 600 woorde is nie, en ons sal ook nie alles kan publiseer wat ons ontvang nie.

Stuur jou bydrae na naomimeyer@litnet.co.za. Jy het tyd tot 10 April 2025.

Lees Gekkedag 2025-bydraes hier:

Gekkedag 2025: ’n slang in die gras

Gekkedag 2025: Die hoogtepunt van wanhoop

Gekkedag 2025: Maak vol asseblief

Gekkedag 2025: By ampermoedverloor, ’n klippepad, slaggatpad en ’n bakkopslang verby

Gekkedag 2025: My man is ’n man met ’n plan (en hy sing soos ’n kanarie)

Gekkedag 2025: Om oor ’n swart hond te struikel

  • 1

Kommentaar

  • Smôrens agter die wasbak in 'n kampeerterrein groet die manne na gelang van omstandighede: skuim besmeerde wange maak die kakebeen styf, tydens tandeborsel is dit binnensmonds en so aan.

    'n Jong man daag een môre op, dringend op soek na die motorsleutel wat sy vrou sê hy misplaas het. Sy is erg ontevrede en dit gee 'n grootskaalse soektog af. Daar is blykbaar 'n oor-en-weer gewys van vingers in die huishouding.

    Later die week laat blyk hy in die ablusie die skoonmaker het die sleutel in die dames opgespoor. Ek het jou mos gesê, help ek. Op die vraag of hulle die dispuut darem vreedsaam kon beredder, antwoord hy: nee, ek het nog steeds stilstuipe. Ha! Nè.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top