US-bestuur se taalvoorstelle: Departement Afrikaans en Nederlands praat

  • 5

Verklaring deur die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit Stellenbosch in reaksie op die taalvoorstelle van die US-bestuur

As die departement wat betrokke is by die onderrig van die Afrikaanse en Nederlandse taalkunde en letterkunde sowel as vertaling, tolking, redigering, leksikografie, dokument-ontwerp, taalverwerwing en kreatiewe skryfkunde oor taalgrense heen, is ons bekommerd oor die potensiële verskraling van Afrikaans as akademiese en administratiewe taal en daarom versoek ons ’n verbintenis tot die volgende uitgangspunte:

Lees ook:
Universiteit Stellenbosch: Vrydag die 13de
Koebaai, Afrikaans? Afrikaans as onderrigtaal in skole
Frederik de Jager: Afrikaans aan die US
Fanie Olivier: Vanuit Pole – rondom Stellenbosch
  • Veeltaligheid as ’n transformasie-attribuut
  • Toeganklikheid vir almal
  • ’n Veeltaligheid waardeur die batewaarde van ander tale as slegs Engels erken en benut word
  • Die beginsel van toevoegende veeltaligheid, wat beteken dat elke student ’n taal of tale benewens die huistaal aanleer om waarde toe te voeg en die student op ’n veeltalige Suid-Afrika voor te berei, eerder as uitsluitende eentaligheid
  • Effektiewe kommunikasie met alle personeel en studente
  • Deursigtige besluitneming in verband met taalsake en breë konsultasie met kundiges.

Met hierdie beginsels voor oë streef die Departement Afrikaans en Nederlands na die voortgesette ontwikkeling van Afrikaans as taal-tussen-tale.

November 2015

Statement by the Department of Afrikaans and Dutch of Stellenbosch University in response to recent language proposals by University Management

As the department teaching Afrikaans and Dutch linguistics and literature, as well as translation, interpreting, editing, lexicography, document design, language acquisition and creative writing in other languages besides Afrikaans, we are concerned about the potential attenuation of Afrikaans as both an academic and administrative language. We therefore request a commitment to the following points of departure:

  • Multilingualism as a transformation attribute
  • Accessibility for all
  • The kind of multilingualism by which the value of other languages besides English is acknowledged and utilised
  • The principle of additive multilingualism, meaning that all students learn a language or languages besides their home language to add value, and be better prepared for the multilingual South African reality, as opposed to exclusionary monolingualism
  • Effective communication with all staff and students
  • Transparent decision-making regarding language matters, including broad consultation with experts in the field.

With these principles in mind, the Department of Afrikaans and Dutch strives towards the continued development of Afrikaans as a language-among-languages.

November 2015

Ingxelo ekhutshwa liCandelo lesiBhulu nesiDatshi leYunivesithi yaseStellenbosch kwimpendulo yezindululo zakutsha nje zolwimi ezicetywa ngabaphathi beYunivesithi

NjengeCandelo elifundisa ulwimi noncwadi lwesiBhulu nesiDatshi, ngokunjalo nenguqulelo, ukutolika, ukuhlela, ukubhala incwadi echaza amagama, ukuyila amaxwebhu, ukufumana ulwimi kunye nokubhala nesiphiwo sokuyila, konke oku sikwenza kwiilwimi ezahlukileyo, siyakhathazeka kakhulu ngokuncitshiswa kwesiBhulu njengolwimi lokufundisa nokuphatha. Sicela abaphathi ukuba bachaze ukuzibophelela kwabo kula manqaku alandelayo:

  • Iilwimi ezininzi njengesixhobo sotshintsho
  • Ukufikeleleka kuye wonke umntu
  • Uhlobo leelwimi ezininzi apho ixabiso lezinye iilwimi ngaphandle kwesiNgesi lisaziwa kwaye lisetyenziswa
  • Umthetho-siseko weelwimi ezininzi ezongezelelweyo, oko kuthetha ukuba umfundi ngamnye ufunda ulwimi okanye iilwimi ngaphandle kolwimi aluthetha ekhaya ukongeza ixabiso aze alungele uMzansti Afrika weelwimi ezininzi, ukuchasana nolwimi olunye olungazibandakanyiyo ezinye iilwimi
  • Unxibelelwano olusebenza kakuhle kubo bonke abasebenzi nakubafundi
  • Ukubonakala okucacileyo ekuthatheni isigqibo ngokuphathelele kwimiba echaphazela ulwimi, kubandakanya ukuhlangana okuphangaleleyo neengcaphephe zolwimi

Ngokwale mithetho-siseko engqondweni, iCandelo lesiBhulu nesiDatshi lisebenzela inkqubela yesiBhulu njengolwimi phakathi kwamanye amalwimi.

Novemba 2015

  • 5

Kommentaar

  • Anelene Schoonees

    Hoekom het dit so lank geneem vir jul om te reageer, of het ek iewers iets gemis? Baie dankie vir u reaksie.

  • 'n Paar vrae:
    1. Gaan die opleiding van joernaliste by Maties voortaan in Engels geskied? Wat word dan van die department se historiese band met die Afrikaanse pers?
    2. Wat word van die huidige kursus in kreatiewe skryfwerk? Gaan Marlene van Niekerk en ander hul lesings in Engels moet aanbied, terwyl die aspirantskrywers die opsie het om hul skeppende werke in enige taal te lewer?
    3. Gaan voornemende prokureurs, edm, alleen leer om kontrakte, ens in Engels op te stel?
    4. Gaan mediese studente verplig word om bykomende kursusse in sê maar Afrikaans en isiXhosa te loop, sodat hulle darem met hulle pasiënte kan kommunikeer?
    5. Gaan daar nog steeds in die toekoms samewerking met universiteite in Holland en België wees, byvoorbeeld in rigtings soos die Wysbegeerte, of met die Duitsers of Franse, of gaan alle filosofiese denke nou slegs vanuit die Engelssprekende wêreld gehaal word?
    6. Beskou die universiteit se toekomstige Brits/Amerikaanse monokultuur - toevallig in pas met neoliberale neigings elders - as 'n verruiming of verskraling van denke?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top