In die video hierbo, opgeneem en gedeel met die toestemming van Helené Prinsloo, sing die US Koor roerend oor die liefde wat sal bly staan. Die lied is uitgevoer by die Toyota US Woordfees se Langtafel-geleentheid.
Die US Koor, wat sedert 2012 nommer een op die internasionale Interkultur-ranglys van 1 000 amateurkore is, het verwerkings van drie ikoniese Suid-Afrikaanse liedjies uitgevoer: Bright Blue se “Weeping”, Laurika Rauch se “Stille waters” en Miriam Makeba se “Pata Pata”.
Simon van der Merwe, 'n graad 9-leerder, deel ook 'n paar van sy Langtafel-foto's met LitNet.

Die Toyota US Woordfees kon op Maandagaand 14 Maart die eerste keer sedert Maart 2020 weer die Langtafel aanbied. Dié tradisie is tradisioneel die amptelike begin van die Woordfees, maar vanweë onsekerheid rondom die pandemie is besluit om nie vanjaar ’n fees vir Maart in Stellenbosch te beplan nie.

Foto: Simon van der Merwe

Foto: Simon van der Merwe
Saartjie Botha, direkteur van die Toyota US Woordfees en WOW Projek, het aangekondig dat ’n fees in die vlees vir 10 tot 15 Oktober vanjaar in die vooruitsig gestel word: “Hoewel daar steeds ’n Covid-wolk oor die beplanning van samekomste hang, is ons versigtig ambisieus en hoopvol dat ons vanjaar in Oktober ’n Woordfees in persoon sal kan vier. Die kunstebedryf en die dorp se gasvryheidsektor het dit nodig en ons kan nie wag om weer feesgangers te ontvang nie.”

Foto: Simon van der Merwe

Foto: Simon van der Merwe
Gugu Aseda, inhoudsportefeuljebestuurder van MultiChoice, het namens DStv by die Langtafel gepraat. Sy het gesê Woordfees TV, wat van 1-10 Oktober 2021 as ’n pioniersprojek op ’n opwipkanaal uitgesaai is, was so suksesvol dat DStv-kanaal 150 weer vanjaar gebruik kan word om vanaf 1 Julie ’n TV-fees in Suid-Afrika en Namibië aan te bied.

Foto: Simon van der Merwe
Lees nog inligting oor wat vanjaar vir die 2022 Toyota US Woordfees beplan word hier.
Lees ook:
Toyota US Woordfees | TV-weergawe van Valsrivier sal jou meesleur
Toyota US Woordfees | Die Krismis van Map Jacobs, Adam Small het geskryf om ons te laat dink
Toyota US Woordfees | Dié aanbieding van Mis kan nog lank as riglyn bly staan
Press release: Andrew Buckland and Sylvaine Strike star in Firefly at The Baxter

