Sypaadjie-gesprek: Bettina Wyngaard lewer repliek op Wenkbrou se repliek

  • 1

Die skrywe hieronder spruit voort uit die volgende rubriek wat op LitNet verskyn het:

Woorde wat die wenkbrou laat lig, om al die verkeerde redes

Hierop het die volgende repliek gevolg: 

Na aanleiding van Bettina Wyngaard se skrywe oor Sypaadjie

Foto's van Bettina Wyngaard (foto: Naomi Bruwer) en van Johan Jack Smith en van Izak de Vries (onderste foto's is verskaf)

Bettina Wyngaard lewer nou repliek op die repliek:

Beste Izak

Dankie vir jou gebalanseerde repliek op my rubriek. Ek het ook vir jou net die grootste agting en respek.

Jammer dus dat jy my kommentaar en kritiek as ʼn aanval op Wenkbrou beskou het. Dit was allermins die bedoeling. Ek volstaan by my rubriek. Ek volstaan by my mening. Maar ek hoop dat jy ook kan insien dis nie net kommentaar op een titel by een druknaam nie. My kritiek gaan veel wyer. Gebrek aan diversiteit, gebrek aan kulturele sensitiwiteit is ʼn industriewye probleem. Dit gaan nie net oor of ʼn kru woord of ʼn rasterm gebruik word nie. Dit weet jy tog self uit opinies wat ek al voorheen vir ander drukname in die LAPA-stal gedoen het.

Jou kollega se reaksie “Koop die boek. Sien vir julleself” is seker te verwagte. Ek weet, ek hoop, dat jy meer genuanseerd hierna kyk en die groter boodskap raaksien. Dit sal regtig jammer wees as iets wat die potensiaal het om ʼn waardevolle gesprek te begin, gereduseer word tot ʼn goedkoop bemarkingsfoefie om een titel te verkoop.

Ek sien uit na nog vele gesprekke tussen ons.

Met beste wense

Bettina

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top