
Bundelomslag: Human & Rousseau
Dit is vir die komitee aangenaam om vanjaar se wenner aan te kondig:
Jaco Barnard Naudé : om my kastele in Spanje te sloop
Dié bundel het in 2024 by Human & Rousseau verskyn.
Vanjaar se beoordelaars was die digters Vincent Oliphant, Johann Lodewyk Marais en Bibi Slippers.
Die prys word op 13 September by die Tuin van Digters in Wellington aan die wenner oorhandig.
Marius Crous, namens die komitee
Lees ook:
Plekspesifieke poësie in Jaco Barnard-Naudé se Om my kastele in Spanje te sloop

