
Die Dao van Daan van der Walt is aangewys as die wenner van die Helgaard Steyn-prys 2020. Dié prys word sedert 1987 jaarliks toegeken, om die beurt aan ’n skilder, skrywer, beeldhouer of komponis.
Vanjaar se prys, ’n kontantbedrag van R650 000, gaan aan die mees uitsonderlike werk in die Afrikaanse skryfkuns wat tussen 2016 en 2019 verskyn het. Vanjaar se ontvanger is die skrywer Lodewyk G du Plessis vir Die Dao van Daan van der Walt, sy debuutroman, wat in 2018 gepubliseer is by Tafelberg, ’n druknaam van NB Uitgewers.
Die roman is ook al met die Universiteit van Johannesburg-debuutprys, die Eugène Marais-prys, die WA Hofmeyr-prys, die ATKV-prosaprys, asook die kykNET-Rapport-prys vir fiksie bekroon.
Die ander boeke op die kortlys was Die derde spoel deur SJ Naudé, Uittogboek deur Johan Myburg, Spertyd deur Elsa Joubert en 1795 deur Dan Sleigh.
Die Dao van Daan van der Walt is ’n "uitsonderlike debuutwerk", sê die sameroeper van die beoordelaarspaneel, prof. Bernard Odendaal, van die Vakgroep Skryfkuns, Skool vir Tale, Noordwes-Universiteit.
"Dit is ’n roman wat die leser intellektueel uitdaag, konfronteer met aktuele vraagstukke én emosioneel tref. Terselfdertyd is dit ’n innemende boek; die hoofkarakter is iemand met wie lesers hulle om verskeie redes kan vereenselwig."
Die prys word deur die Helgaard Steyn-trust toegeken wat tot stand gekom het uit die boedel van dr. Jan Steyn, in lewe ’n diplomaat, boer en direkteur van maatskappye, wat die trust na sy pa vernoem het.
Vorige wenners van die skryfkuns-prys is:
1988 – Karel Schoeman vir ’n Ander land
1992 – John Miles vir Kroniek uit die doofpot
1996 – Breyten Breytenbach vir Nege landskappe van ons tye bemaak aan ’n beminde
2000 – John Kannemeyer vir Leipoldt: ’n Lewensverhaal
2004 – Dan Sleigh vir Eilande
2008 – Marlene van Niekerk vir Agaat en Hermann Giliomee vir Die Afrikaners
2012 – PG du Plessis vir Fees van die ongenooides
2016 – Willem Anker vir Buys
Vir nog inligting en die beoordelaarspaneel se volledige commendatio, besoek helgaardsteynpryse.co.za, of stuur e-pos na info@helgaardsteynpryse.co.za.
Die dao van Daan van der Walt deur Lodewyk G du Plessis: ’n resensie
Die dao van Daan van der Walt – en die dao van Lodewyk G du Plessis
***
Die Dao van Daan van der Walt has been named the winner of the Helgaard Steyn Prize 2020. This prize has been awarded annually since 1987, and is given alternately on a four-year cycle in four disciplines – painting, literature, sculpture or musical composition.
This year’s prize, R650 000 in cash, goes to the most outstanding work in literature published between 2016 and 2019. This year’s recipient is the author Lodewyk G. du Plessis for Die Dao van Daan van der Walt, his debut novel, which was published in 2018 by Tafelberg, an imprint of NB Uitgewers.
The novel has already been awarded the University of Johannesburg Debut Prize, the Eugène Marais Prize, the WA Hofmeyr Prize, the ATKV Prose Prize, as well as the kykNET-Rapport Prize for Fiction.
The other books on the shortlist were Die derde spoel by SJ Naudé, Uittogboek by Johan Myburg, Spertyd by Elsa Joubert and 1795 by Dan Sleigh.
Die Dao van Daan van der Walt is an "exceptional debut", says the convener of the judging panel, Professor Bernard Odendaal of the Literature Unit of the School of Languages at North-West University.
"It is a novel that intellectually challenges the reader, confronts them with current issues and affects them emotionally. At the same time, it is an engaging book; the main character is someone with whom readers can identify for various reasons."
The prize is awarded by the Helgaard Steyn Trust, which came into being after a bequest in the will of diplomat, farmer and company director, Dr Jan Steyn, who named the Trust in honour of his father.
Previous winners of the Literature Award are:
1988 – Karel Schoeman for ’n Ander Land
1992 – John Miles for Kroniek uit die doofpot
1996 – Breyten Breytenbach for Nege landskappe van ons tye bemaak aan ’n beminde (1993)
2000 – John Kannemeyer for Leipoldt: ’n Lewensverhaal
2004 – Dan Sleigh for Eilande
2008 – Marlene van Niekerk for Agaat (2004) and Hermann Giliomee for Die Afrikaners (2004)
2012 – PG du Plessis for Fees van die Ongenooides
2016 – Willem Anker for Buys

