
Prente: Canva
"Misdaad gee nie om oor kleur nie," het Bettina Wyngaard in ’n onlangse rubriek op LitNet geskryf. Hierdie betrokke rubriek het gehandel oor moorde wat nie die koerant haal nie. In hierdie selfde rubriek het daar ook gestaan: "Die narratief rondom misdaad wat ons alte gereeld hoor, en wat die afgelope tyd met die Afrikaner-eksodus na Trumpland weer opvlam, is dat die slagoffers van misdaad wit en welaf is. Die narratief is dat wit mense veral geteiken word oor hulle kleur en oor hulle ekonomiese status." LitNet het in reaksie hierop vir ’n paar lesers gevra om hul ervarings rondom misdaad in hul eie buurte te deel. Hier onder is Jerome Coetzee se bydrae.
Die Engelse gesegde is “It takes a village to raise a child.” Ek wil daar byvoeg: “... but it takes the best city in the world to kill one.”
Die vrees wat by mense opkom oor die geweld en skote is niks nuut nie. Die storie word oor en oor vertel. Ons word net gehoor as dit verkiesingstyd is, en selfs dan word leë beloftes soos vuil wasgoed uitgehang. Of daar moet iets grusaam gebeur, en deesdae is dit nie genoeg vir die land om aandag te gee aan die situasie nie. Ons mense kry nie rus van trane nie. Die wonde van skote wat elke dag afgaan, is die trauma wat soos ’n inspuiting aan die kinders gegee word.
Ek betwyfel die omgee van politici rondom die geweld op die Kaapse Vlakte en ander gebiede. Daar was ’n tyd toe president Cyril Ramaphosa ’n “familievergadering” gehou het omtrent die 21 kinders wat vergiftig was. Hy het die land verseker dat geen ouer ’n kind moet verloor nie en het aan ons bewys dat hy mag het in die land. Ons het ’n president gesien wat omgee, wat in die openbaar sê dit is verkeerd en ons is in rou as ’n land. Omtrent dieselfde tyd is Jahmiel Grantham van Reenen (14), ’n leerder, in sy skoolklere geskiet; met dit het bendes na die skool gegaan om kinders te agtervolg. Nie ver van hierdie voorvalle in Bishop Lavis het ’n massamoord plaasgevind, waar sewe mense geskiet is.
........
Ons het ’n president gesien wat omgee, wat in die openbaar sê dit is verkeerd en ons is in rou as ’n land. Omtrent dieselfde tyd is Jahmiel Grantham van Reenen (14), ’n leerder, in sy skoolklere geskiet; met dit het bendes na die skool gegaan om kinders te agtervolg. Nie ver van hierdie voorvalle in Bishop Lavis het ’n massamoord plaasgevind, waar sewe mense geskiet is.
.........
Hierdie voorvalle het, soos baie ander, nie by die President uitgekom nie.
In een van my sessies met die jongmense in my buurt gesels ons oor die geweldkwessie. Ek glo kinders is in staat om hulle mening te lug oor die geweld. Die jeug kan meer praat oor vrees as hulle toekoms. Terwyl politieke leiers en ons as ’n land net wil aanbeweeg van ons geskiedenis, word daar ’n geskiedenis geskets wat gaan lei tot die uitbarsting wat Desmond Tutu met die Waarheid-en-versoeningskommissie wou vermy. Want ’n volk wat deur ’n misdaadpandemie gaan en konstant in rou is, gaan deur die fases van rou, en op ’n punt gaan ons stilstaan by woede.
Hierdie is nie om mense vrees te gee nie. Dit is nie om vir mense te sê hardloop weg van die land nie. Dit is juis die oproep om beter te doen en om te besef hier’s groot fout in hierdie land.
Terwyl Suid-Afrika kan baklei vir lande soos Kongo en Palestina, is daar ’n iets omtrent die mense op die Kaapse Vlakte se uitsterwing wat Suid-Afrika nie aan raak nie. Soos die ou gesegde gaan: “Terwyl jy vinger wys na die ander, moenie vergeet van die vier wat na jou toe terugwys nie.” Of die ander een: “Vee voor jou eie deur.” Want die deurkosyne word stukkend getrap van mense in rouklere. Suid-Afrika het die verhewe moraliteit bo ander lande, want hulle veg vir die geregtigheid van ander mense wat deur ’n misdaadpandemie gaan. Het dit dalk tyd geword dat ons erken dat Suid-Afrika die pleidooi van sy eie mense ignoreer? Dat die energie wat Suid-Afrika insit vir ander lande, nie hier toegepas word nie? Asof Suid-Afrika meer ’n punt van ubuntu wil wys vir die wêreld. Hulle eie sondes word onder die mat gevee. Ek besef dat die Kaapse Vlakte dalk geïgnoreer word want ons het nie ’n vlag nie, nie ’n hashtag nie, nie vrug wat ons simboliseer nie, en nie ’n chant wat rym nie.
........
Ek besef dat die Kaapse Vlakte dalk geïgnoreer word want ons het nie ’n vlag nie, nie ’n hashtag nie, nie vrug wat ons simboliseer nie, en nie ’n chant wat rym nie.
........
Daar’s ’n naam wat ek wens die President sal noem, wat ek wens die politieke party sal notas van maak. ’n Naam wat hulle sal wakker hou, dat hulle ophou met die belaglike optrede in die parlement.
Davin Africa.
Davin Africa was vier jaar oud.
Hy het gebly in die Wesbank. Hy was by sy huis.
Hy was aan die slaap. Hy was geskiet.
Ek wens ek kon saamstem met Ingrid Jonker: “Die kind is nie dood nie.”
Davin Africa, die kind, is dood.
Wat sal dit kos vir ons om te erken dat Suid-Afrika ’n land is met ’n wond wat lei tot die skietgeval van ’n kind.
........
Wat sal dit kos vir ons om te erken dat Suid-Afrika ’n land is met ’n wond wat lei tot die skietgeval van ’n kind.
........
“If the ANC does to you what the apartheid government did to you, then you must do to the ANC what you did to the apartheid government,” het Mandela gesê. Het dit nie tyd geword dat ons besef dat die ANC en ander politieke partye doen wat apartheid gedoen het aan ons mense nie? Tog is dit meer van ’n gelag in die parlement. Terwyl Kaapstad met breë bors sê “Ons is die beste stad in die wêreld”, lewe ons met die vraag: “Wie is nou weer geskiet?”.
.........
Lewe en laat lewe is wat my dra deur al hierdie dinge van geweld. Vandag het ons nie al die antwoorde nie, maar daar is goeie mense wat net vrede soek. Dalk moet ons openbare gesprekke hê oor die effek van geweld, die politici laat stilsit en vir hulle hierdie seer wys.
........
Lewe en laat lewe is wat my dra deur al hierdie dinge van geweld. Vandag het ons nie al die antwoorde nie, maar daar is goeie mense wat net vrede soek. Dalk moet ons openbare gesprekke hê oor die effek van geweld, die politici laat stilsit en vir hulle hierdie seer wys. Dan vra die ander wat sal dit baat as hulle nie menslikheid het nie. Dan sal dit tevergeefs wees.
Lees ook:
A movie festival, visits to the USA, Afrikaner refugees and Donald Trump
Die 49 wit Afrikaanssprekendes in die VSA: "vlugtelinge" of vlugtelinge?


Kommentaar
Baie praatjies maak baie gaatjies!
In ons omgewing is dit die klank van sirenes wat elke dag of nag weerklink wat heersend is. Ontstellend, want misdaad gaan voort.
Die Kaapse Vlakte is veraf, net nog 'n item om die nuus vol te maak. Sonder 'impak", sonder enige steuring. Gewoon. Te verwag.
Ja nee, die 'beste stad op aarde' is 'n totale klug. Ten opsigte van die politieke sisteem, die politici lewe nie met die realiteite van gewone mense nie. Hulle kry gratis 24 uur elektrisiteit, privaatsekuriteit, privaat mediese sorg, ens. Al die politici word proporsioneel aangewys. Dit was so gedoen om minderhede ter wille te wees. Daar is dus geen direkte verteenwoordiging nie en mense kan nie enige LP kontak om insette te gee nie. Die parlement is maar net 'n rubberstempel, en die koukus besluit. Een party is so goed soos die ander. En ek stem maar net om my gewete te sus. Om te kan seê ek het gestem. Ons verskiesings is boonop net 'n rassesensus. Witmense stem vir "wit partye". Swartmense stem vir "swart partye". Wat 'n klug! Of daar enige politieke oplossings is, weet ek nie, maar ek twyfel. Die gedagte van desentralisasie en federasie klink vir my nogal goed. Maar mens moet waak teen dink dat enige sisteem alle probleme sal oplos.
Oor misdaad op Kaapse Vlakte, word op "bendes" blameer. Wie is die bendes?
Ek het dit al te vore geskryf op LitNet en skryf weer. Bendes en misdaad is subkultuur leefstyl wat onderbou van gemeenskappe vir eeue is. Net soos geen persoon van buite 'n verslaafde van buite kan rehabiliteer nie, net so kan geen "wet en orde" ingrype gemeenskappe hervorm nie. Gemeenskappe moet hulself hervorm, deur misdadige leefstyle te verander.
Agree, dankie Hans: "Wees die verandering wat jy graag wil sien..."
Great input Mnr Leslie Javan!