Die 49 wit Afrikaanssprekendes in die VSA: "vlugtelinge" of vlugtelinge?

Waarom word bruin Afrikaanssprekendes by Trump se uitvoerende bevel uitgesluit? Hoe definieer die Verenigde Nasies vlugteling? Hoe gaan die vergadering tussen president Ramaphosa en president Trump moontlik verloop? In hierdie onderhoud met politieke ontleder Theo Venter kom ook onderwerpe soos Nampo, grondonteiening, misdaad op plase, werksgeleenthede in Suid-Afrika en assimilasie in die VSA onder die loep.