LitNet | STAND-teaterresensieslypskool 2023 | Finale mentorsterugvoer: Die ontelbare 48, geresenseer deur Jeani Heyns

  • 0

Hierdie mentorsterugvoer vorm deel van die LitNet | STAND-teaterresensieslypskool. Die tien deelnemers skryf elkeen ’n resensie waarop die mentors dan terugvoer gee. Daarna gaan hulle kans kry om weer aan hul resensies te werk, nog terugvoer van die mentors te ontvang en dan hul resensies finaal af te rond.
Hier is die finale terugvoer op weergawe 2 van Jeani Heyns se resensie.


Terugvoer: Wayne Muller

Jou resensie doen nou wat dit moet doen: ’n evaluering van ’n teaterstuk met eie opinies wat gemotiveer word. Waar jou stuk vroeër grootliks observasie was, gee dit nou die leser insig in die teaterstuk en jou blik daarop.

Jou inleiding is egter steeds nie prikkelend genoeg nie en gee steeds hoofsaaklik slegs feite. Gee hier eerder ’n gedagte wat jou argument inlei, iets wat jou lesers sal wíl laat verder lees.

Terugvoer: Mercy Kannemeyer

Die resensie is geslaagd in die sin dat dit genoeg konteks gee en krities genoeg met die materiaal omgaan. Dit is ongelukkig net te min. Dit voel asof in plaas daarvan om met die mentorsnotas oor die eerste weergawe van die resensie te werk, die resensent die “probleemareas” van die resensie eerder net uitgehaal het. My voorstel is dat die resensent weergawe een en twee naas mekaar lees, die notas internaliseer, en dan nóg ’n weergawe skryf.

Aangesien ons nie notas op die derde weergawe gaan kan gee nie, is my finale opmerkings as volg:

  • Die inleiding werk. Dis nie geweldig meesleurend nie, maar Wessel Pretorius-aanhangers sal verder lees.
  • Die tweede paragraaf met die besonderhede oor die stuk en die karakters werk ook goed. In hierdie paragraaf, of net na hierdie paragraaf, kan die resensent ’n bietjie meer van ’n kritiese blik inneem.
  • Eers in die vierde paragraaf raak die resensent “krities”. Dis ongelukkig te laat. Dit is heeltemal fine om van ’n stuk te hou en dít dan met die lesers te deel. Met “krities” bedoel ek nie ruk die stuk uitmekaar uit nie. Wat hier kort, is diepte. Vertel ons meer van hoekom jy so baie van die stuk gehou het!


Mentorsterugvoer: Eerste weergawe

LitNet | STAND-teaterresensieslypskool 2023 | Eerste mentorsterugvoer: Die ontelbare 48, geresenseer deur Jeani Heyns

Teaterresensie: Eerste weergawe

LitNet | STAND: Teaterresensie van Ontelbare 48 (weergawe 1)

Teaterresensie: Tweede weergawe

LitNet | STAND: Teaterresensie van Die ontelbare 48 (weergawe 2)

Lees ook:

LitNet | STAND: Teaterresensieslypskool 2023 | Theatre review workshop 2023

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top