kykNET-Rapport Boekpryse: Onderhoude

  • 0

Die kykNET-Rapport Boekpryse het ten doel om leeslus aan te wakker deur groter erkenning en blootstelling te gee aan interessante en innoverende fiksie en feite in Afrikaans.

In die eerste bestaansjaar van die prys is 54 inskrywings ontvang.  Die keurders was verras deur romans wat die verbeelding aanvuur, wat in tema die nuwe aandurf en in taalgebruik die reikwydte van Afrikaans vergroot. Ook die verdieping en verbreding van ons begrip van die wêreld by die niefiksie inskrywings het waardering ontlok.

Die wenners van die eerste kykNET-Rapport Boekpryse vir fiksie en niefiksie ontvang elk R200 000.00 en die wenner van die Filmprys R100 000.00. Die kortlys vir 2014 lyk soos volg:

FIKSIE

Valsrivier – Dominique Botha (Umuzi, Random House Struik)

 

Klimtol – Etienne van Heerden (Tafelberg)

LitNet Akademies-resensie-essay: Vir ’n speelse lewe – Etienne van Heerden se Klimtol
Desmond Painter

Video: Etienne van Heerden en Etienne Bloemhof gesels oor Klimtol

Wolf, wolf – Eben Venter (Tafelberg)

Wolf, wolf eerlik, ongenaakbaar en lewensveranderend
Jaco Barnard-Naudé

Te veel én te min in dié roman
Marius Crous

NIEFIKSIE

 

 

Die oorlog kom huis toe, Albert Grundlingh & Bill Nasson (reds) (Tafelberg)

Lees hier 'n onderhoud met Albert Grundlingh oor die kykNET-Rapport Boekpryse.

 

Lees hier 'n onderhoud met Bill Nasson oor die kykNET-Rapport Boekpryse.

 

 

 

Here & boere: Die kolonie aan die Kaap onder die Van der Stels, 1679-1712, Karel Schoeman (Protea Boekhuis)

 

 

Onder die radar, Dana Snyman (Tafelberg)

Dana Snyman: "Ek skryf nie maklik nie ..."
Henry Cloete

 

Lees hier 'n onderhoud met Dana Snyman oor die kykNET-Rapport Boekpryse.

FILM

 

 

Oor 'n motorfiets, 'n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word, Jaco Jacobs (Lapa)

Lees 'n onderhoud met Jaco Jacobs oor die kykNET-Rapport Boekpryse

 

 

Score my ’n gwai, Marlize Hobbs, (Human & Rousseau)

Lees hier 'n onderhoud met Marlize Hobbs oor die kykNET-Rapport Boekpryse.

Score my 'n gwai: 'n resensie
Nathan Trantraal

 

 

’n Ander mens, Zirk van den Berg (Kwela)

Lees hier 'n onderhoud met Zirk van den Berg oor die kykNET-Rapport Boekpryse.

Lees gerus ’n Ander mens
Jonathan Amid

 

Die keurders van vanjaar se toekennings was Thys Human van NWU, Louise Viljoen van Stellenbosch, Steward van Wyk van UWK en Gerrit Schoonhoven in die fiksiekategorie.

Thys Human

Lees hier 'n onderhoud met Thys Human oor die kykNET-Rapport Boekpryse.

Louise Viljoen

Lees hier 'n onderhoud met Louise Viljoen oor die kykNET-Rapport Boekpryse.

Steward van Wyk

Lees hier 'n onderhoud met Steward van Wyk oor die kykNET-Rapport Boekpryse.

 

Gerrit Schoonhoven

 

Herman Wasserman van UCT, Irna van Zyl, Mike van Graan en Herman Binge was die keurders in die niefiksiekategorie.

Herman Wasserman

Lees hier 'n onderhoud met Herman Wasserman oor die kykNET-Rapport Boekpryse.

Irna van Zyl

Lees hier 'n onderhoud met Irna van Zyl oor die kykNET-Rapport Boekpryse.

Mike van Graan

Lees hier 'n onderhoud met Mike van Graan oor die kykNET-Rapport Boekpryse.

Herman Binge

Lees hier 'n onderhoud met Herman Binge oor die kykNET-Rapport Boekpryse.

 

Die wenners word op Vrydagmiddag, 21 November aangekondig by ’n geselligheid in Kaapstad.

Uitnodiging vir voorleggings

Uitgewers word genooi om gepubliseerde boeke in die gekose kategorieë voor te lê vir oorweging vir die 2015 kykNET-Rapport Boekpryse. Geen selfpublikasies word oorweeg nie, ook nie draaiboeke nie, slegs gepubliseerde romans met potensiaal om verwerk te word in ’n draaiboek. Die sperdatum vir ontvangs van die boeke is 18 November 2014.

Volledige inligting oor die riglyne vir die pryse sowel as inskrywingsvorms word aan die uitgewerye versend en is beskikbaar by die sameroeper:  

Mev Hettie Scholtz
Sameroeper, kykNET-Rapport Boekpryse
021 880 2030
084 583 0272
scholtz5@mweb.co.za

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top