Die Breytenbach Sentrum se Digterstuin is op 15 September geopen met voorlesings van 'n groep digters se klipgedigte. Die klippe met die digters se spesiale gedigte sal in die tuin ingemessel word. Naomi Bruwer het hierdie besonderse geleentheid op foto en video vasgevang.

Theo Kemp open die Breytenbach Sentrum Digterstuin.

Daniel Hugo
Videogreep: Daniel Hugo lees sy klipgedig, "Die digter se tuin".
saam met al die erdwurms wroet
die digter in malse grond om
humus van emosies te maak
• Lees hier die volledige gedig.

Bibi Slippers
Videogreep: Bibi Slippers lees haar klipgedig, "Diefstal in die tuin van digters".
Ek het ’n tuingedig geskryf en
dit was goed:
die woorde groen en soet en
netjies in gelid soos
perfekte ertjies in ’n peul
• Lees hier die volledige gedig.

Johan Nel van Benedic Boeke

Leon de Kock

Feestelike tafels

Willem Fransman
Videogreep: Willem Fransman lees sy klipgedig, "Klippe gloe nie in democracy".
Ek’t virre klip gesoek
groter assie hand soelat
geniemant iemant oppie Flêts
daa’mee kan gôi
’cos klippe gloe mossie in democracy!
• Lees hier die volledige gedig.

Antoinette Kellerman

'n Kuiertuin

Loit Sôls
Videogreep: Loit Sôls het 'n klankgedig ter ere van Neville Alexander gelewer.

Riku Lätti sit en wag sy beurt af.

Willem de Vries

Engemi Ferreira

Toast Coetzer
Videogreep: Toast Coetzer lees sy klipgedig, "'n tuin", opgedra aan sy ma.
’n tuin is die huis
van skaduwee en mens
die honde en die voëls
is die oudword en ritsel
van die snoeiskêr en die hark
oor die grasperk van jou hart
• Lees hier die volledige gedig.

Petro Rhode

Wilken Calitz

Louis Esterhuizen en Marlise Joubert
Videogreep: Louis Esterhuizen lees sy klipgedig voor.
• Lees ook "Kwarts" deur Louis Esterhuizen.
Videogreep: Marlise Joubert lees haar klipgedig, "Villasavary, Frankryk".
om ’n gedig te skryf sou beter wees
om hierdie landskap vas te bind
al is die woorde te lig en te wit
te klip te groen – alles gly terug
in die begraaftuin van vervloë dae
• Lees hier die volledige gedig.

Riana Barnard

Marius Absalom
Videogreep: Melanie Grobler lees haar klipgedig, "Die digterstuin".
Waar is die grond vir die wortels
en hoe skuif ek die diafane boom
om dit hier in die vers te plant?
• Lees hier die volledige gedig.

Riku Lätti

Anne-Ghrett Erasmus

Amanda Kreitzer

Charl-Pierre Naudé en Danie Marais
Videogreep: Charl-Pierre Naudé lees sy klipgedig, "Die melkweg is 'n windhond".
My motor stippel
deur die knewel van ’n berg-
tonnel;
’n spoormetaal in klip
wat gestolde lig stort.
Videogreep: Danie Marais lees sy klipgedig, "Wat dié klip weet".
’n Gedig op ’n klip
is ’n lyk vol tatoeëer-ink.
Ek kan my kwalik ’n meer volmaakte
antivers as ’n klip voorstel;
• Lees hier die volledige gedig.

Les Javan

Tessa Louw was die fotograaf.

Petro Rhode lees haar klipgedig voor.
Videogreep: Pieter Odendaal lees sy klipgedig.

My voete loop na Wellington ... se digterstuin.

Musiek deur Laurinda Hofmeyr, met Schalk Joubert, Riku Lätti en Les Javan

Zandra Bezuidenhout lees haar klipgedig, "Vers-word", voor.
Die nag word die kelk
van ’n maanblom;
drome skiet saad
op die digter se tong.
• Lees hier die volledige gedig.
Videogreep: Melt Myburgh lees sy klipgedig, "Gebed van die klipbreker".
stroop my rug van jeug, as dit moet, maar gun my, god,
wonders uit die aar bevry:
kristalle wat blom wanneer u lig val oor die tuin van gips en kwartsiet.
• Lees hier die volledige gedig.

Antoinette Kellerman het voorlesings gedoen namens digters wat nie die geleentheid kon bywoon nie.

