Opdraggedig vir die Digterstuin, Wellington
Die wind skryf gedagtes
ligter as distels
oor klip in ‘n tuin
by Wellington.
Die nag word die kelk
van ’n maanblom;
drome skiet saad
op die digter se tong.
Die geheue dra botsels
soos bloeisels;
drink aan ‘n tepelrooi son,
word vers, langsamerhand.

