Digterstuin: Kwarts

  • 0

Kwarts, ’n steen so oud
soos die aarde, selfs ouer: aangegee
van die tyd voor tyd gevorm is
en alles water was, selfs ouer: vergete
in skanderings van klip
met in sy hart iets wat vloei,
iets soos water, selfs ouer: gees.

(Uit: Wat die water onthou, 2010, Protea Boekhuis)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top