Digterstuin: Diefstal in die tuin van digters

  • 0


Ek het ’n tuingedig geskryf en
dit was goed:
die woorde groen en soet en
netjies in gelid soos
perfekte ertjies in ’n peul

die geheel
volmaak gevorm en gepoets
’n blink perske was my vers
of dalk
’n akker.

Dit was die Groot Werk van my loopbaan maar
hoe moes ek weet
dat hierdie meesterstuk so vinnig
sou vergaan?

Terwyl ek my oë na die
bome opslaan en
aan my bas kan voel
ek het ’n goeie ding hier beet,

het ’n eekhoring
die hele ding
opgevreet.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top