Aangebied deur LitNet, die Jakes Gerwel Stigting en Huisgenoot
LitNet, die Jakes Gerwel Stigting en Huisgenoot se Kommadagga-slypskool het vandeesweek in Somerset-Oos begin. Rachelle Greeff en Niq Mhlongo is die mentors wat vanjaar kandidate se vaardighede in die kuns van tydskrifverhaalskryf gaan verfyn. Rachelle het die volgende aspirantskrywers op Maandag 10 Oktober by die Jakes Gerwel Stigting se Paulet-skrywershuis verwelkom, waar hulle tot 31 Oktober hard gaan werk om hul kreatiewe spiere ferm te kry: Danie Kriek, Esmé Cupido, Gaasitwe Setshedi, Liziwe Ndalana en Yuwinn Kraukamp. Niq Mhlongo sluit binnekort by hulle aan.
Danie Kriek het vir LitNet foto’s van die eerste week se aktiwiteite geneem.
Gaasi Setshedi besweer Ingrid Jonker en André Brink se liefdesbriewe met kammaringe van lekkergoedpapier.
Oggendsessies in die Gerwels se huisbiblioteek begin klokslag 09:00: Liziwe Ndalana, Esmé Cupido, Gaasitwe Setshedi en Yuwinn Kraukamp.
Maar eers die brandstof. Danie Kriek (voor) en van links: Ywinn Kraukamp, Esmé Cupido, Gaasitwe Setshedi en Liziwe Ndalana.
Gaasi Setshedi: How will I manage one book, let alone an entire shelf?
Esmé Cupido met haar nuwe (skryfgids-) maatjie in Paulet-huis se agtertuin
Danie Kriek het die eerste oggend reeds ontdek wat die werksessies nié is nie.
Verligting vir die pyn van “killing your own darlings”
Sjef Gilbert van Zyl se drie maaltye per dag en soet verleidings tussendeur is gewigtig.
Jakes Gerwel het destyds self baie van die honderde roosbome in die tuin van Paulet-huis geplant.
Die mentor en die legende: Rachelle Greeff en Jakes Gerwel
Eerste verkeer vroegoggend in die straat voor Paulet-huis
Hier kan jy vanjaar se Kommadagga-kandidate beter leer ken:
Kommadagga 2022: Hier is ons slypskoolkandidate
Lees alles oor vanjaar se Kommadagga-slypskool hier:
LitNet se Kommadagga-slypskool vir tydskrifverhaalskrywers, aangebied saam met die Jakes Gerwel Stigting en Huisgenoot