Die regte boek kan ’n leerder se lewe red

  • 0

LitNet Akademies het onlangs ’n artikel gepubliseer oor riglyne vir die mediëring van omstrede kwessies in Nederlandse en Afrikaanse jeugverhale.

Estelle Kruger het daarna ’n gesprek gevoer met die navorsers, en ook met kenners van jeugliteratuur

In hierdie video neem Christien Neser die gesprek verder. Sy beweer daar is kinders in die klas wat elke dag met sodanige omstrede kwessies worstel en dat die regte boek letterlik ’n kind met selfdoodgedagtes se lewe kan red as sy/hy besef dat ander ook al oor sodanige kwessies gewonder het.

Meer nog: Lees is volgens haar uiteindelik ’n “geheime wapen” waarmee leerders beter presteer in alle sfere van hulle lewens. Sy lig die video toe met prettige prente wat tot ’n klaskamer sal spreek.

Dié video is geredigeer uit ’n langer webinaar wat op 8 September, Wêreldgeletterdheidsdag, aangebied is deur LitNet, LAPA Uitgewers, Penguin Random House South Africa, die South African Council for Educators (SACE), die Afrikaanse Onderwysnetwerk en die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie.

Meer oor Christien Neser

Christien Neser het in Bloemfontein en Pretoria grootgeword. Sy het aan die Hoërskool Menlopark gematrikuleer en by Tukkies as spraakterapeut gekwalifiseer. Daarna het sy ook ’n honneurs in Frans by Unisa en ’n MA in toegepaste linguistiek en vertaling by UJ voltooi.

Bedags werk sy deeltyds as spraakterapeut en saans skryf sy. In haar praktyk spesialiseer sy in lees en meertaligheid.

Neser is die skrywer van jeugfiksie, soos Pienk is nie vir sissies nie en die uiters suksesvolle Elle-reeks, gemik op tienermeisies (van alle ouderdomme) wat hou van ’n aweregse heldin, humor en romanse.

Sy is ook die skrywer van die niefiksieboek Help! My kind is anders wat ouers help wanneer hulle kinders sukkel.

Lees ook:

LAPA: Die belang van boeke vir kinders

Pasverskyn: Help! My kind is anders deur Christien Neser

Riglyne vir die mediëring van omstrede kwessies in Nederlandse en Afrikaanse jeugverhale

Pienk is nie vir sissies nie deur Christien Neser: ’n resensie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top