Christien Neser

Christien Neser het  by Tukkies as spraakterapeut gekwalifiseer. Daarna het sy ook ’n honneurs in Frans by Unisa en ’n MA in toegepaste linguistiek en vertaling by UJ voltooi. Bedags werk sy deeltyds as spraakterapeut en saans skryf sy. In haar praktyk spesialiseer sy in lees en meertaligheid. Neser is die skrywer van jeugfiksie, soos Pienk is nie vir sissies nie en die uiters suksesvolle Elle-reeks, gemik op tienermeisies (van alle ouderdomme) wat hou van ’n aweregse heldin, humor en romanse. Sy is ook die skrywer van die niefiksieboek Help! My kind is anders wat ouers help wanneer hulle kinders sukkel.

Ek sal vir jou veg deur Cliffordene Norton: ’n resensie

Christien Neser Resensies 2024-06-24

"Soos dit ’n goeie jeugverhaal betaam, neem die jeugkarakters self die hef in die hand. Hier is dit dan die spanmaats wat self die kalf uit die put red, al moet een van hulle met groot beserings daarvoor betaal."

Marked by Gillian D’achada: reader impression

Christien Neser Books and writers 2024-06-18

"Teachers who have used Sharkey in their classes will feel very comfortable moving on to Marked. It is a solid classroom reader. It has enough flesh on the bone to tick all the boxes of the curriculum, while offering the children a fast-paced, enjoyable read."

Die regte boek kan ’n leerder se lewe red

Christien Neser Skole 2020-09-16

Christien Neser beweer daar is kinders in die klas wat elke dag met omstrede kwessies worstel en dat die regte boek letterlik ’n kind met selfdoodgedagtes se lewe kan red as sy/hy besef dat ander ook al oor sodanige kwessies gewonder het.

LAPA: Die belang van boeke vir kinders

Christien Neser PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2020-04-08

"Niks is vir ’n kind meer kosbaar as hul ouers se tyd nie. So lees ’n boek saam! Dis ’n belegging in jou kind se toekoms."

101 Nagte

Christien Neser 2015-04-07 Hoe lank is 101 nagte? Baie lank. Veral as dit 1979 is, jy in grys Parys sit, hy in sonnige Pretoria en dis dekades voordat selfone ’n werklikheid sou word. Ons was al drie jaar gekys toe hy voor die koshuis in die toegestoomde Renault vir my sê: “Ek gaan met jou trou, maar nie […]
Top