LitNet Akademies (Regte)

Trust vir Afrikaanse Onderwys

E-pos: akademies@litnet.co.za

 


LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van ’n juridiese aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Regte) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Regte-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word, en R6 000 per nuwe gekeurde vonnisbespreking of aantekening.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.

Regte-redakteur
Johann Neethling
E-pos: neethlingj@ufs.ac.za
Bioskets

Vonnisbespreking: Openbare figuur – Laster, belediging en identiteitskending

Johann Neethling 2014-06-23 Openbare figure kan beskryf word as pesone wat op sodanige wyse reeds in die openbaar bekend geraak het vanweë hulle status, amp, beroep, doen, late en misdade dat hulle openbare belangstelling gaande maak sonder dat hulle noodwendig aan ’n nuuswaardige gebeurtenis gekoppel is.

Oorgrens-biodiversiteitsregulering in die Antroposeen

Louis Kotzé LitNet Akademies (Regte) 2014-06-11

As gevolg van die toenemende menslike invloed op die aardstelsel is die aarde besig om kritieke kantelpunte te bereik wat tot snelle en onomkeerbare verandering kan lei en lewe op aarde onmoontlik kan maak.

’n Ontleding van die Suid-Afrikaanse regsraamwerk met betrekking tot die omgewingsaspekte van breking in die Karoo

Louis Kotzé, Charné Goosen 2014-05-27 Na alle verwagtinge sal breking ‘n beduidende impak hê op die Karoo, haar omgewing en meer spesifiek haar waterhulpbronne, en haar mense, terwyl dit allesbehalwe seker is of die sosio-ekonomiese groei wat voorspel word as gevolg van industriële aktiwiteite in die gebied, die ekologiese impakte sal kan uitbalanseer.

Vonnisbespreking: Die siviele verbod op haatspraak – “Shoot the Boer” in die gelykheidshof, hoë hof en die uitsaaiklagtetribunaal

Anton Kok, Louis Botha 2014-04-29 Artikel 10 van die Wet op Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie skep ’n eisoorsaak gebaseer op haatspraak. Alhoewel howe verplig is om artikel 10 toe te pas wanneer ’n party beweer dat haatspraak plaasgevind het, gebeur dit nie altyd nie.

Ingrypende ontwikkeling in die oproepingsproses van verbande op onroerende sake

Michelle Fuchs 2014-04-22 Hierdie artikel fokus op ingrypende veranderings wat in die oproepingsproses ten aansien van verbande op onroerende sake as gevolg van die Grondwet deur onlangse regspraak teweeggebring is.

Vonnisbespreking: ’n Oorwinning in die stryd teen straffeloosheid vir die plegers van menseregteskendings

Neels Swanepoel 2014-04-02 Neels Swanepoel bespreek die saak waarin die hoogste hof van appèl se uitspraak ’n beduidende bydrae gelewer tot die eeue oue stryd teen die straffeloosheid wat plegers van wandade voorheen skotvry daarvan laat afkom het.

Arbitrêre gronde vir onbillike diskriminasie en die bewyslas in arbeidsgeskille

Dawid de Villiers LitNet Akademies (Regte) 2014-03-17

Hierdie artikel verken in die eerste plek die geskiedenis oor die wyse waarop onbillike diskriminasie ’n selfstandige eisoorsaak geword het. Die aard van die gelyste en sogenaamde arbitrêre gronde en die verskil tussen hulle het heelwat bespreking uitgelok en is die tweede fokus van hierdie ondersoek.

Die onsekerhede aangaande die toepaslike huweliksgoederebedeling(s) in poligame gewoonteregtelike huwelike by nienakoming van artikel 7(6) van die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike

Caroline Müller-Van der Westhuizen LitNet Akademies (Regte) 2014-03-04

Hierdie bespreking beoordeel of artikel 7(6) van die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike 120 van 1998 geïnterpreteer moet word as 'n vereiste vir 'n geldige gebruiklike huwelik, in die lig van die onlangse uitsprake van die Noord-Gauteng Hooggeregshof, die hoogste hof van appèl en die konstitusionele hof, almal ten opsigte van Ngwenyama.

Vestiging van versekeringseise teen omgewingskade wat deur hidrobreking aangerig word

Birgit Kuschke LitNet Akademies (Regte) 2014-02-21

Hierdie artikel bespreek die aard van die versekeringsvestigingsfeite en die problematiek van die praktiese toepassing daarvan, en ondersoek moontlike oplossings vir die komplikasies wat deur meervoudige of kumulatiewe kousaliteit en meervoudige dekking veroorsaak word.

Die repudiëring van ’n erfenis deur die insolvente erfgenaam – ’n vervreemding of nie?

Leonie Stander, Juan Redman LitNet Akademies (Regte) 2014-02-11

Die doel van die ondersoek is om onlangse regspraak aan die hand van toepaslike beginsels van die erfreg en insolvensiereg, asook die standpunte van skrywers in hierdie verband, te bespreek en te ontleed.

Vonnisbespreking: ’n Perspektief op die impak van die Mineral and Petroleum Resources Development Act 28 van 2002 op voorheen bestaande regte

Elmarie van der Schyff, Nic Olivier LitNet Akademies (Regte) 2014-02-04

Die ontstaan van talle van die land se bestaande sosio-ekonomiese vraagstukke word ook vandag direk verbind aan diskriminerende praktyke soos dit parallel met, en in die konteks van, die land se mynboubedryf ontwikkel het.

Vonnisbespreking: Facebook en persoonlikheidsbeskerming

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2014-01-29

Toegepas op Facebook, beteken dit dat die persoonlike inligting wat ’n gebruiker op Facebook plaas deel van sy of haar privaatheid vorm en dat enige ongemagtigde kennisname deur ’n buitestander van sodanige inligting prima facie onregmatig sou wees.

Vonnisbespreking: Dogmatiese verkenning van die reg op privaatheid kry verdere erkenning in die regspraak Greeff v Protection 4U h/a Protect International 2012 6 SA 393 (GNP)

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2014-01-20

Die reg op privaatheid word gemeenregtelik en grondwetlik as ’n selfstandige persoonlikheidsreg erken en beskerm, en riglyne vir die toekomstige ontplooiing van hierdie reg is grootliks uitgestippel...

Regsetiek as deel van die LLB-kurrikulum

Christa van Wyk LitNet Akademies (Regte) 2014-01-15

In hierdie artikel word van die veronderstelling uitgegaan dat die doseer van regsetiek aan universiteite die probleem kan help oplos mits vrees vir straf nie as die grondslag van regsetiek aanvaar word nie.

Die Suid-Afrikaanse indeks vir maatskaplik verantwoordbare belegging en klimaatsverandering – lesse vir die toekoms?

Adri du Plessis, Anél Strampe 2013-11-27 "Hierdie artikel ondersoek eerstens die begrip geïntegreerde verslagdoening, waarna die ontwikkeling, maatstawwe en werking van die MVB-indeks aan die beurt kom."

Nahuwelikse onderhandse/buitegeregtelike verandering van die huweliksgoederebedeling stante matrimonio

Neil van Schalkwyk 2013-11-11 "In hierdie aantekening val die fokus op die geldigheid al dan nie van onderhandse/buitegeregtelike verandering van die huweliksgoederebedeling."

Privaatregtelike perspektief op onwaardigheid om te erf – die uitwerking van gesinsmoorde

Linda Schoeman-Malan 2013-10-30 "Die onwaardigheidsbeginsel bekend as die 'bloedige hand' wat ’n wandader verhoed om te erf, en die oorhoofse gemeenregtelike onwaardigheidsbeginsel wat behels dat geeneen voordeel mag trek uit sy eie onregmatige optrede nie, word bespreek met verwysing na die grondslag van hierdie beginsels."

Alternatiewe benaderings ten opsigte van feitelike kousaliteit in die deliktereg

Bernard Wessels 2013-10-15 "In hierdie artikel word van ’n vergelykende regsperspektief gebruik gemaak ten einde alternatiewe benaderings tot feitelike kousaliteit in ter sake probleemgevalle krities te evalueer."

Vonnisbespreking: Hoe om ’n komparant se brouwerk reg te maak

Johan Lötz 2013-10-01 In hierdie vonnisbespreking word die verskeie moontlikhede om ’n komparant (aktevervaardiger) of aktekantoor se registrasiefoute reg te stel, onder die loep geneem.

Depressie en die wêreld van werk – ’n arbeidsregtelike perspektief

Denine Smit, Laetitia Fourie 2013-09-25 "Hierdie navorsing dui daarop dat die Suid-Afrikaanse statute en instrumente gebrekkig is wat betref die mate van beskerming wat dit aan sowel werknemers met depressie as hul werkgewers verleen."
Top