LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Nicol Stassen2007-06-13Waar staan die Afrikaanse uitgewersbedryf en skrywers, ook ten opsigte van mekaar? Hoe word die eise van die inligtingsera (Eerste Wêreld-lesers) en onderontwikkeldheid (Derde Wêreld-lesers) in een taalgemeenskap versoen? Teen ...
Willie Burger2007-06-13As ons wil praat oor “nuwe stemme”, kan ons dit nie doen sonder om na die “ou stemme” te kyk nie. Hoe sal ons immers ’n nuwe stem herken as daar nie ’n vergelykingsbasis is nie? Dit is tensy ons die “nuwe” slegs (ietwat beperkend?) ...
Bert Olivier2007-06-13In Spoke van Marx (1994:56-69) waarsku Jacques Derrida teen premature/vroegtydige triomfalisme, soos byvoorbeeld die van die politieke wetenskaplike Francis Fukuyama, oor die beweerde uiteindelike globale seëviering van die vennootskap tussen ...
Sakkie Spangenberg2007-06-13Ek wil allereers met ’n belydenis begin. Dis een van die oudste belydenisse in die Bybel, maar dis ’n belydenis wat Jesus van Nasaret nie sou gehuiwer het om uit te spreek nie. Dit lui só: Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en vol liefde ...
Etienne van Heerden2007-06-13Sedert hierdie stelling legendaries geword het, is ons steeds op soek na taal waarmee ons die Web kan beskryf. Soos die geval is met alle verbeelde ruimtes, is die wyse waarop die mens aan die Internet en die www — wat ek hier tesame die ...
Andries Visagie2006-07-13Naas Chris van der Merwe se LitNet-resensie van Marlene van Niekerk se boek Agaat is Johann Rossouw se artikel in die Vrye Afrikaan tot dusver die volledigste en interessantste leesverslag van Van Niekerk se magistrale roman. In sy gereelde ...