LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
![]() |
Geesteswetenskappe-redakteur Francis Galloway (DLitt) E-pos: francis@litnet.co.za Bioskets |
China se nastrewing van ’n normatiewe vrede-en-veiligheidsagenda in Afrika: ’n kontekstuele ondersoek in die lig van globale magsuitbreiding
2025-09-22"Die hoofbevinding is dat China se normatiewe waardes deur middel van forumdiplomasie in die organisasie uitgedra word. Afrikalande aanvaar ook in beginsel die instelling van Chinese waardes en norme om verhoudinge te versterk en ’n veilige en stabiele omgewing te skep."
’n Woke perspektief op seksuele geweld en #MeToo in Zelda Bezuidenhout se Quinn se jaar van kwik (2024)
2025-08-04“Vanuit die tematiese ontleding beskou ons Quinn se jaar van kwik as woke. Met die ontleding het ons bevind dat die drie hooftemas ook met mekaar in verband gebring kan word en só bied die verhaal ’n genuanseerde blik op seksuele geweld.”
Die voorposdenke van W.P. Esterhuyse, soos weerspieël in die pers (1973–1987)
2025-07-29“Desondanks kan tot die gevolgtrekking gekom word dat Esterhuyse oor die beste deel van twee dekades as openbare intellektueel ’n rol gespeel het in die voorbereiding van Afrikaners vir ’n nuwe politieke en sosiale bedeling.”
Die organisatoriese transformasie van die Oranje-Vrystaatse krygsmag in die periode Oktober 1899 tot Julie 1900
2025-07-10"Die posisie en rol van range soos die Vrystaat se staatspresident, hoofkommandante, assistenthoofkommandante en veggeneraals word bespreek. Toepaslike wette en die gepaardgaande regsimplikasies word ook ontleed."
Battery 9 as pioniers van industriële musiek binne die Afrikaanse rockmusiektoneel
2025-06-17"Hierdie artikel bespreek die konteks waarbinne Battery 9 ontstaan het met verwysing na die globale en plaaslike industriëlemusiektoneel [...] en toon aan hoe Battery 9 ten opsigte van styl met hierdie tonele skakel, maar veral ook deur die temas wat in hul lirieke aangespreek word."
Die bekoorlikheid van Latyn in Suid-Afrika. In gesprek met Franco Prinsloo oor die rol van Latyn in koormusiek
2025-06-03"Die primêre bevindings van die artikel is dat die rede waarom Latyn steeds ’n aktiewe rol in koormusiek speel, sowel in Suid-Afrika as internasionaal, te doen het met die voortdurende toeganklikheid van die Latynse vokaalsisteme en die suiwer tonale produksie wat hierdie vokaalklanke bied."
’n Veeltalige vakspesifieke termlys: Suid-Afrikaanse rugbyspelers se taktiek om taaluitdagings in Frankryk te pypkan en plettervat
2025-05-30"Kenners stem saam dat spelers eerder taalprogramme of hulpmiddels benodig wat die aanleer van rugbytaal as vaktaal sal vergemaklik. Soos in ander domeine, ontstaan daar ’n unieke terminologie vir rugbyspelers wat aan moontlike gebruikers beskikbaar gestel behoort te word."
’n Vrouetydskrif oor 75 jaar – ’n sosiale barometer van haar tyd
2025-05-22"Die doel van hierdie artikel is om Sarie as sosiale barometer van haar tyd voor te stel. Die velde mediageskiedenis en tydskrifstudie vorm die teoretiese raamwerk vir die vertrekpunt."
Kanselleerkultuur as strafbeskaming in Etienne van Heerden se roman Die biblioteek aan die einde van die wêreld
2025-05-13"Die verhaal wys hoe strafbeskaming en sondebokmaking deur kanselleerkultuur as ’n samelewingsverskynsel binne die groter verband van ’n ingewikkelde, geglobaliseerde en elektroniese samelewing funksioneer, en hoe dit gerugsteun word deur dophoutegnologie- en gesigherkenningstelsels."
Levinas op die oorlogspad na vrede. ’n Kritiese oorweging van die dilemmas waarmee oorlog Levinas se denke konfronteer
2025-03-25"As oorlog inderdaad ’n opskorting van moraliteit behels, op watter normatiewe grondslag kan die idee van ’n regverdige oorlog geregverdig word?"
Vervreemding tot verlies: die roete van selfvervreemding na selfvernietiging in Van vaders en vlugtelinge deur S.J. Naudé
2025-02-27"Waar migrasie voorheen verbind is met natuurrampe, politieke ideologie, gebrek aan lewensmiddele en oorloë, fokus Naudé se roman op intens persoonlike faktore en trauma as redes waarom ’n individu besluit om sy vaderland te verlaat."
Die abjekte moeder in M.S. Burger se Bloedfamilie (2012)
2025-02-06"Volgens Kristeva is abjeksie dit wat identiteit, stelsels en orde ontwrig, en wat nie grense, posisies of reëls eerbiedig nie [...] Aan die hand van gekose verhale ondersoek hierdie artikel die wyse waarop die verteller haar moeder abjekteer."
’n Manifes vir musikale modernisme in Suid-Afrika: Stefans Grové se 1952-Standpunte-artikels
2025-01-30"Grové oorweeg die moontlikhede vir die skep van ’n eie en unieke Suid-Afrikaanse toonkuns, en sy insigte oor die gebruik van inheemse musiek in Westerse komposisies bied nie net ’n kritiese nadenke oor die wyse waarop rasseskeiding die moontlike beoefening van musikale primitivisme gekortwiek het nie, maar ook ’n perspektief op hoe kunsmusiekkomposisie apartheidsideologie ouditief help skep het."
Rumi se wyn- en bedwelmingsbeeldspraak
2025-01-28"Die onuitspreeklikheidseienskap van die mistieke ervaring en die gevolglike funksie van metafore in mistieke poësie word onder die loep geneem. ’n Kort historiese agtergrond word dan oor die verwantskap tussen wyn/bedwelming en mistieke ekstase wat reeds sedert voor-Christelike tye bestaan, gegee."
Anderkant dogmatisme en skeptisisme: ’n kritiese blik op die bydrae van die Duitse Idealisme tot ’n nuwe metafisika
2025-01-10"Erkenning van gebrek aan finale kennis oor die werklikheid is geen belemmering vir wete nie, maar ’n voorwaarde daarvoor. Vir die absolute om geheel te wees, beteken dat die werklikheid nie as ’n statiese absolute volledig refleksief binne ’n bepaalde menslike bewussyn teenwoordig kan wees nie [...]."
’n Jungiaanse en beskrywend-fenomenologiese ontleding van sinchronisiteite in perdondersteunde psigoterapie
2025-01-10"Die perd en die mens se ruimtetyd verenig dus op ’n kollektiewe onbewuste vlak as gevolg van die konstellering van die psigoïede argetipe. Die verskil in ruimte en tyd, en tussen die liggaam (materie) en psige (energie) val weg. Die kliënt kan sinchronisiteite as ’n numineuse proses beleef."
Mens, dier en miteskepping in Alexander Strachan se Dwaalpoort (2010)
2025-01-07"Die voortgesette spanning oor grondbesit en die verdeeldheid tussen swart en wit in die Suid-Afrikaanse aktualiteit word weliswaar binne die fiksionele raamwerk van die roman oorkom, maar word na die mite met die dier as weerligafleier oorgeplaas."
Die vertaling van diverse Coloured vrouestemme in die Afrikaanse poësie: ’n feministiese benadering
2024-12-11"Die argument is dat hierdie digters elk in ’n individuele stem postkoloniale feministiese kwessies in die Suid-Afrikaanse konteks uitwys, wat ’n belangrike stap in die proses van die dekolonisering van die Afrikaanse literatuur is."
Die middelhoë voorvokaal /e/ van Bruinafrikaans
2024-12-09"Hierdie artikel vorm deel van ’n groter projek waarin die akoestiese eienskappe van die vokaalstelsel van Bruinafrikaans (BA) ondersoek en beskryf word. Hoewel so ’n beskrywing waardevol op sigself is, is dit ook noodsaaklik met die oog op ’n poging om te probeer bepaal in hoeverre mens van BA as een van die belangrikste variëteite van Afrikaans kan praat."
Die engel- en monstermites in Reënboogrant tieners
2024-12-03"Jeugboekskrywers moet met groter bewustheid van die sosiale mites oor vroulikheid skryf. Hulle moet liewer daarop fokus om genuanseerde vroulike karakters, buite die grense van byvoorbeeld die monster/engel-mites en ander binêre pare, te skep."