Schalk Schoombie

Schalk Schoombie is ’n joernalis, dramaturg, regisseur, en voorheen ’n akteur by Kruik en Truk. Hy het in 1979 ’n BA (Drama) cum laude aan Tukkies behaal.

Hy is die stigtersredakteur van die KKNK-feeskoerant Krit. In die 1990s was hy redakteur van De Kat, later redakteur van Beeld se vermaaklikheidsbylae Plus. Hy skryf as vryskutter en resensent vir Insig, Beeld, By, Sarie, Rooi Rose, Leef, Rapport My Tyd. Dramas wat uit sy pen verskyn het, is Huise vol uile, Gesplete tong, Wetters, Leuenverklikker, Samoerai (naaswenner van die Anglo Gold Ashanti Smeltkroesprys 2008), Opentoe, Outodidak, Liefde, Anna (wenner van die Anglo Gold Ashanti Smeltkroesprys 2012), Risiko en Gepiekel. Sy mees onlangse verhoogwerk is die solostuk Klipgebede wat hy vir die aktrise Elma Potgieter geskryf het.

Radiostukke sluit in: Sonstorm en My Japan – beide uitgesaai op RSG. My Japan was in 2013 die naaswenner van die ATKV se toekenning vir nuwe tienertekste.

Daar het twee romans by Human & Rousseau uit sy pen verskyn, Boomkastele en Rooi haring (beide benoem vir die Jan Rabie-prys), asook ’n niefiksieboek, Tot die dood ons skei: Mans wat hul vroue vermoor. In 2020 is sy bundel wetenskapfiksieverhale, Die nag ruik na spoed, deur Protea Boekhuis uitgegee. Schalk is die stigtersredakteur van die resensie-webwerf Skrop.

Schalk woon in Alberton en is getroud met Liza, ’n Engels-onderwyser. Hulle het twee kinders: Christiaan, ’n akteur, en Isolde (Veldgids).

In memoriam | Cormac McCarthy (1933–2023)

Schalk Schoombie Boeke en skrywers 2023-08-31

"As jy jou nog nie in McCarthy se onherbergsame, wrede landskappe ingeleef het nie, het jy nog nie Amerika se grootste skrywer ervaar nie."

Ghosting: In die vallei van doodgeswygdes

Schalk Schoombie Seminare en essays 2023-05-24

Sak die onbegryplike stilte oor jou toe? Iewers het jy te kort geskiet. Schalk Schoombie probeer ’n moderne gedragspatroon begryp.

Twitter dawn deur Joe Kitchen: ’n resensie

Schalk Schoombie Resensies 2023-05-15

"Kan die mens, gevang in die web van plesier wat hy self gespin het, ooit gelukkig en tevrede wees? Joe Kitchen se distopie plaas die dilemma in ’n neutedop."

Mooiweer en warm ’n bruisende rivier op pad see toe

Schalk Schoombie TV 2023-02-09

"Wanneer dit vloei (in vlooimarktonele en by die dam) is Mooiweer en warm ’n lekkerte; ’n bruisende rivier op pad see toe. Wanneer dit opdam en sloer (in melodramatiese binnetonele), begin die krake wys."

Hupstoot of remskoen: kykNET se Storiefilms

Schalk Schoombie TV 2022-09-20

"In te veel van die prente hoor jy ’n lakoniese klaviertjie agterlangs tokkel, ’n ekonomiese klankbaanopsie wat egter ’n eendersheid aan die flieks verleen." – Schalk Schoombie bekyk Storiefilms, kykNET se reeks Afrikaanse kortformaatrolprente, met ’n kritiese oog.

Gerrit Schoonhoven: Hofnar en filosoof

Schalk Schoombie In memoriam 2020-10-23

"My aanvanklike indrukke van Gerrit Schoonhoven was waarskynlik verbasing: Wie is dié snaakse man? Is hy ’n grapjas of ’n intellektueel? Dit blyk hy was beide. Een ontmoeting was genoeg om hom altyd te onthou."

Top