Ruhan Fourie

Ruhan Fourie is geskiedkundige verbonde aan die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie aan die Universiteit Stellenbosch. Hy spesialiseer in Afrikanernasionalisme, antikommunisme, en tans, die lewe van Beyers Naudé. Sy eerste boek, Christian Nationalism and Anticommunism in Twentieth-Century South Africa, verskyn in 2024 by Routledge, asook plaaslik by Barnabas Akademiese Uitgewers.

Die Anglo-Boereoorlog in kleur, volume II deur Tinus le Roux: ’n resensie

Ruhan Fourie Resensies 2026-03-20

 "[L]lesers sal hierop moet let. Die boek wat hulle vashou, is nie ’n kritiese omgang met die verlede nie, maar ’n weerspieëling van dominante narratiewe, maar net in kleur."

LitNet Tuishuise-inwoonskrywer 2025: ’n onderhoud met Ruhan Fourie

Naomi Meyer, Ruhan Fourie Onderhoude 2025-06-13

"’n Kernaspek van die herskryf van geskiedenis is die nuwe vrae wat ons van die verlede vra. Dis wanneer historici ophou nuuskierig raak oor die verlede dat geskiedenis begin stagneer. Nuwe vrae bring nuwe maniere van geskiedenis doen – metodologies, in vorm, en in temas. In die geval van [Beyers] Naudé is daar vele vrae wat opnuut gevra kan word: Tot hoe ’n mate was hy ’n propageerder van die Afrikanernasionalistiese projek, of was hy meer ’n produk daarvan?"

Geloftedag 2024: waarom die oplewing?

Ruhan Fourie Seminare en essays 2025-01-10

"Dat Geloftedag in 2024 nog gevier word, is nie ’n verrassing nie. Daar is ook min twyfel dat daar vir jare wat nog kom, Geloftefeeste gaan wees. Die vraag hier is eerder hóékom daar so ’n oplewing in dié viering is, en veral hoekom jongmense hierby aanklank vind na drie dekades van ’n nuwe bedeling."

Africanis albus herbesoek: reaksie op die Afrikaner Verklaring

Ruhan Fourie Seminare en essays 2024-04-25

"Dat ons maaksels op hierdie kontinent is, kan nie ontken word nie, maar ons kan gerus skepties wees oor die funksie van aanspraak op hierdie Afrika-identiteit. Alle verbeelde ('imagined') gemeenskappe het ’n sterk verbeelde geskiedenis nodig."

SteedsDink met LitNet Akademies: Ruhan Fourie

Ruhan Fourie SteedsDink 2024-01-30

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Ruhan Fourie oor Beyers Naudé.

Jan Smuts, 1870–1950, ’n fotobiografie: ’n resensie

Ruhan Fourie Resensies 2023-07-26

"Die skreiende ironie byvoorbeeld, dat Smuts op wêreldverhoë kon praat oor demokrasie en vryheid, maar tuis wit oppergesag en rassediskriminasie gehandhaaf het, word verdoesel."

Top