Mellet Moll

Mellet Moll is ’n professor in bedryfsingenieurswese en ’n voormalige dekaan van Ingenieurswese en die Bou-omgewing by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie.

Die Nobelpryswenner vir 2023: Jon Fosse, die stem van die onsêbare

Mellet Moll Seminare en essays 2023-10-19

"Die Nobelprys vir letterkunde is sedert 1901 aan 120 wenners toegeken en Fosse het die prys verower vir sy vernuwende bydrae om met veral sy vernuwende dramas en prosa '’n stem te gee aan die onsêbare', soos reeds hier bo vermeld. Heelwat van die karakters in sy werke is buitestanders, en eksistensiële kwessies soos selfdood en waansin kom aan bod. Die onsêbare behels onder meer die diepgang van kreatiwiteit, angst, liefde, skande, verwerping, grasie en genade."

Piaf & Brel: Luisterryk! deur Naòmi Morgan en Bernard Odendaal: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Mellet Moll Seminare en essays 2023-09-22

"Die bundel is gerig op Afrikaanssprekende entoesiaste van die Franse chansons en poësieliefhebbers wat in die Franse kultuur en die unieke, gesofistikeerde nagklubwêreld van Parys belangstel."

Loeloeraai as steampunk? Oor die uitbeelding van die wetenskappe 100 jaar gelede

Mellet Moll Boeke en skrywers 2023-04-19

"Steampunk, binne hierdie beskouing, word gedefinieer as ’n subgenre van wetenskapfiksie wat afspeel in die verlede en waarin moderne tegnologie, soos wat dit vandag bekend is, nog nie bestaan het nie. In kort is dit narratiewe wat ooreenstem met wetenskapfiksie, maar sonder dat die digitale era ooit plaasgevind het."

Simone Cilliers Jonker (1957–2023): ’n Brief vir Simone

Mellet Moll In memoriam 2023-02-09

"Om haar te ken, het my laat besef dat die stereotipering van die romantiek rondom digterskap ’n verbeeldingsvlug is; dat pyn nie verromantiseer moet word nie; en dat die poësie ’n genadelose muse is wat sy eie slagoffers (en weeskinders) nalaat."

KI: Die ontydige aankoms van die toekoms

Mellet Moll Menings 2023-01-24

"Dit is deel van die natuur van die mensdom dat iewers daarbuite ’n vernuftige klein !&%#@ sit wat ’n manier sal kry om iets onderduims met nuwe tegnologie aan te vang waaraan niemand nog gedink het nie. Intussen moet ons almal terugsit, die reis geniet en met verantwoordelikheid deelneem aan die openbare gesprek."

Prof Christo Viljoen: Denkleier, ingenieur en kultuurmens

Mellet Moll In memoriam 2023-01-16

"Miskien was sy intellek vir my vanselfsprekend; wat my egter sal bybly, is die mate waarin hy op hoogte gebly het van nuwe verwikkelings, en die ouwêreldse menslikheid en warmte waarmee hy opgetree het."

Sanlam | LitNet-poësieslypskool by die US Woordfees 2015

Mellet Moll Akademies en skole 2015-03-11

 Mellet Moll beskryf dié dag as een van "slypstene en woordsmede". Naomi Bruwer deel haar foto's.

Tien vrae: Mellet Moll oor Heilige Meetkunde, Swanesang en Nalewe.

Mellet Moll, Naomi Meyer 2014-10-28 "Ek het geleer ’n mens kan nie ervaring koop nie en digterskap het ’n onderliggende rypwordingsproses wat soos ’n blom oopvou op sy eie tyd en bloeiwyse. As ek dus iets moet uitsonder, is dit deursettingsvermoë."

Die lewe is ’n elegie: vir Marthinus Beukes

Mellet Moll, Nini Bennett-Moll 2014-10-09 “Die diskoers van die dood is die snykant van die lewe.” (Marthinus Beukes)
Top