Die Noorweegse skrywer Jon Olav Fosse (1959–) is as 2023 se Nobelpryswenner vir letterkunde aangewys. Fosse is ’n veelbekroonde dramaturg, skrywer en digter wat reeds meer as 24 kanonieke bekronings ontvang het. Sy oeuvre oorspan 70 werke, insluitend romans, kortverhale, poësie, kinderboeke, essays en toneelstukke. Sy werk is in meer as 50 tale vertaal.
Die Nobelpryskomitee sê in hulle persverklaring die prys word aan hom toegeken “for his innovative plays and prose which give voice to the unsayable”.
Fosse was die seun van Kwakers en Piëtiste en het hom later by die ateïsme begin skaar. Hy het aan die Universiteit van Bergen studeer en nagraadse kwalifikasies in vergelykende literatuurstudie behaal. As begaafde violis het hy sedert sy kinderjare die musiek en lirieke vir sy eie komposisies geskryf. Hy is veral bekend om sy dramas, en daar is meer van sy verhoogstukke opgevoer as van die ikoniese Noorweegse dramaturg, Henrik Ibsen. Fosse was drie maal getroud en is ’n gerehabiliteerde alkoholis.
In 2003 het Fosse die mantel – en die eer – as Chevalier de l’Ordre National du Mérite van Frankryk opgeneem. Sedert 2011 geniet hy die gebruik van die Grotten, ’n erewoning wat deur die Noorweegse staat besit word en op die perseel van die koninklike paleis in die middestad van Oslo geleë is. Dit is ’n eerbewys wat deur die koning van Noorweë toegeken word aan ’n persoon wat ’n buitengewone bydrae tot Noorse kuns en kultuur gelewer het.
Die Nobelprys vir letterkunde (Sweeds: Nobelpriset i litteratur) is ’n jaarlikse prys wat deur die Sweedse Akademie toegeken word aan mense wat wêreldwyd die uitmuntendste bydraes op die gebied van letterkunde gelewer het. Dit is een van vyf pryse waarvoor Alfred Nobel in sy testament voorsiening gemaak het en wat sedert 1901 toegeken word; die ander is die Nobelpryse vir chemie, fisika, fisiologie of geneeskunde, en vrede. Die Nobelprys vir letterkunde is sedert 1901 aan 120 wenners toegeken en Fosse het die prys verower vir sy vernuwende bydrae om met veral sy vernuwende dramas en prosa “’n stem te gee aan die onsêbare”, soos reeds hier bo vermeld. Heelwat van die karakters in sy werke is buitestanders, en eksistensiële kwessies soos selfdood en waansin kom aan bod. Die onsêbare behels onder meer die diepgang van kreatiwiteit, angst, liefde, skande, verwerping, grasie en genade.
.........
Die Nobelprys vir letterkunde is sedert 1901 aan 120 wenners toegeken en Fosse het die prys verower vir sy vernuwende bydrae om met veral sy vernuwende dramas en prosa “’n stem te gee aan die onsêbare”
.........
Anders Olsson, die voorsitter van die Nobelpryskomitee, beweer dat Fosse se werk diep geanker lê in die taal en natuurlandskappe van sy Noorweegse herkoms.
Toe Fosse die nuus hoor dat hy die 2023-wenner van dié prys is, het hy as volg gereageer: “I am overwhelmed and grateful. I see this as an award to the literature that first and foremost aims to be literature, without other considerations.” Fosse is die vierde Noorweegse skrywer wat die Nobelprys vir letterkunde ontvang. Die ander is Bjørnstjerne Bjørnson (1913), Knut Hamsun (1920) en Sigrid Undset (1928).
Ek het Fosse se Melancholy I–II as een bundel saamgebind (1996; 2023) gelees; in hierdie teks word ’n fiktiewe opgaaf van die binnewêreld, of monologue intérieur, van die Noorweegse skilder Lars Hertervig weergegee. Hertervig was bekend vir sy fantasieryke landskappe met motiewe uit die kuslandskap in die tradisionele Ryfylke, wat onder die hoogtepunte in die Noorweegse kuns bestempel word. Hertervig het gesukkel met sy geestesgesondheid en het na alle waarskynlikheid aan skisofrenie gely. In hierdie koorsagtige narratief, wat oor een dag in Hertervig se lewe handel, bied Fosse ’n glimp van die lewe van hierdie tragiese skilder wat in 1902 in armoede oorlede is. In die verhaal word vertel hoe Hertervig, wat ’n student van Hans Gud, verbonde aan die Akademie vir Kuns in Düsseldorf was, ’n fobie ontwikkel het vir sy eie kuns. Sy liefde vir Helene Winckelmann, sy grondeienares se dogter, het allesoorheersend begin raak – en die roman word gekenmerk deur liriese crescendo’s van passie, afgewissel met delusies. Hertervig se hallusinasies het vererger en hy het geen heenkome meer gehad nie. Hy het gependel tussen ’n kafee, waar hy die spot van sy gesofistikeerde klasmaats moes verduur, en die Winckelmann-woning waarheen hy desperaat probeer terugkeer het. Hierdie toestand van in limbo wees het onafwendbaar ’n vernietigende psigose by hom ontketen.
Die eerste roman, Melancholy I, is bekroon met die Melsom- en die Sunnmøre-prys. Dit is opgevolg met Melancholy II, wat begin die dag van Herterwig se afsterwe en deur eksterne vertellers vertel word. Die eerste deel van Melancholy I vorm die basis van Georg Friedrich Haas se 2008-opera, Melancholia.
Publishers Weekly het in 2006 oor Melancholy die volgende gesê: “In this wild stream-of-consciousness narrative, Fosse delves into Hertervig’s mind as the events of one day precipitate his mental breakdown. ... Fosse’s prose, which often affects a childlike quality, might put off some readers, but many gorgeous passages and Fosse's pursuit of the ‘glimmer of the divine’ in art make this a powerful book.”
En volgens Rónán Hession, in Irish Times: “It is desperately poignant … Melancholy I–II is a difficult but deep book … It is essential for understanding his major themes and the evolution of (Fosse’s) technique and artistic vision.”
Literêr-teoreties is Fosse se bekroning van belang vir navorsers wat skrywers soos Soshana Felman (Writing and Madness) of Michel Foucault (Madness and civilization) se beskouings rondom letterkunde en waansin wil ontgin. In ’n sekere sin herinner Melancholy I–II die leser aan ’n uitspraak van Arthur Rimbaud, naamlik: “A Poet makes himself a visionary through a long, boundless, and systematized disorganization of all the senses. All forms of love, of suffering, of madness; he searches himself, he exhausts within himself all poisons and preserves their quintessence’s.” Die gebruik van sinestesie in Fosse se werk gee gestalte aan hierdie “verwringing” van die sintuie.
Let byvoorbeeld op die desperate, obsessiewe maar kinderlike relaas van die karakter Hertervig tydens sy verblyf in ’n inrigting vir geestesversteurdes in die hoofstuk getitel “Gaustad Asylum near Christiania, Christmas Eve morning, 1856”:
[T]he seagulls are calling. And the seagulls should call, because then everything is all right. When I can’t sleep, I like that the seagulls are calling. I want the seagulls to call. And I see the seagulls float across the sky, then they drop straight down, to the surface of the water, beak first, and then the seagulls float slowly up again towards the clouds. I can’t sleep. And when I can’t sleep, it’s good that the seagulls are calling, if I open my eyes I can’t see anything and I hear the seagulls call and I see the seagulls float slowly up or down through the sky. I can’t sleep. I am lying in bed in the ward, in the sixth bed, counting from the door, and I can’t sleep. And to my right in the row of beds are two more beds. The seagulls are calling. I can’t sleep and so the seagulls need to call. Now the seagulls are calling. One seagull calls, lots of seagulls call. I am lying in the sixth bed and I can’t sleep and over by the door Hauge the attendant is sleeping, I am lying here in the sixth bed and I hear the seagulls calling. I see a seagull float slowly up through the sky, up out of the sky, towards the mountains. I am lying here and listening to the seagulls call. I am lying in the sixth bed and listening to the seagulls call. I see blue ocean and blue sky, and seagulls. I hear the others breathing. And I see myself standing on the shore with my painting supplies and I’m looking at the seagulls. And I look down, at the small waves that beat and beat against the small round pebbles on the shore. I look at the waves. I look at the seagulls in the sky. I can’t see any clouds, only the seagulls are white in the blue sky. And then the sky is dark. And the seagulls are flying with their calls across the dark sky. I am not allowed to paint any more. I am a painter but I am not allowed to paint. Doctor Sandberg said I am not allowed to paint, as long as I’m being treated at Gaustad Asylum I am not allowed to paint he said and I said that maybe it’s because of all my painting that I went crazy, that’s what I said to Doctor Sandberg, maybe I stared at landscapes in the sun for too long, I said to Doctor Sandberg, and he said that as long as I am in Gaustad Asylum I am not supposed to paint, it is forbidden for me to paint at this time, and I had to turn in my painting supplies when I was admitted, I’ll get it back on the day I’m discharged. Now I am a painter who is not allowed to paint. And so all I can do is listen to the seagulls. But I am a painter and I’d like to paint, because if I can’t paint then I won’t get better again, I’ll only get worse. I have to paint. I have to listen to the seagulls. I have to look at the seagulls flying across the sky. (Fosse, J. 2023. Melancholy I–II. Vertaal deur Damion Searls en Grethe Kvernes. Londen: Fitzcarraldo Editions, ble 149–50)
Lees ook:
Annie Ernaux, wenner van die Nobelprys vir letterkunde in 2022