Marius F Ackermann

Marius Ackermann is op 26 Februarie 1951 gebore. Hy het tot onlangs as advokaat gepraktiseer, en woon in Southdowns naby Irene.

Sy hoërskoolopvoeding het hy op Standerton en Rustenburg ontvang, en na militêre opleiding in die Staatspresidentswag die grade BA, LLB, LLD (Strafreg) en MA (Kreatiewe skryfkuns) aan die Universiteit van Pretoria behaal. Sy belangstellingsveld is die spanning tussen vrye meningsuiting (waaronder satire) en sogenaamde haatspraak. Hy is die skrywer van Die reg insake openbare orde en staatsveiligheid (1984) en medeskrywer van Information, ethics and the law (2006), ’n handleiding vir inligtingkundestudente.

Tydens sy regsloopbaan van nagenoeg 47 jaar was hy onder meer lid van die personeel van die prokureur-generaal in Pretoria, lid van die Pretoria-balie en regsadviseur in die Kantoor van die Staatspresident (1987–1994).

Marius is die skrywer van vier romans met ’n humoristiese inslag wat deur Protea Boekhuis uitgegee is, waaronder Raadslid Hamersma se voorvinger wys wes (2009), Plein en simpel – ’n duiwestorie (2013) en Die Chacma-ekspedisie (2016). Sy gedenkboek Ooskerk 90 oor die NG Gemeente Pretoria-Oos se kerkgebou het in 2018 verskyn. Twee van sy radiodramas is deur RSG uitgesaai. Sy gunstelingskrywers is Herman Charles Bosman, Etienne Leroux en Jeanne Goosen. Hy teken graag, en is ’n groot aanhanger van Honoré Daumier en Gary Larson.

Hy is voorsitter van die direksie van die Voortrekkermonument en die Erfenisstigting, lewer gereeld bydraes tot die aanlyn tydskrif Pretoria Historia en die FAK se tydskrif Flink, en is betrokke by die Smutshuismuseum. Hy stel baie belang in die menslike kant van die Suid-Afrikaanse politieke, kuns- en sportgeskiedenis van die 1900’s.

Marius is ’n natuurliefhebber. Tydens familiebesoeke aan Kaapstad klim hy Tafelberg gereeld, maar anders as Jan Smuts daal hy gewoonlik as kabelkarpassasier na benede.

Hy is getroud met sy studenteliefde Susie (’n afgetrede opvoeder), en hulle het vier kinders en agt kleinkinders.

Die Mol

Marius F Ackermann Fiksiekompetisies 2025-01-23

"Vir weke daarna was die weduwee Helberg se slotwoorde ’n onderwerp van bespreking in die departement se teekamer. Is dit moontlik, is dit denkbaar dat hulle geliefde kollega en prof inderwaarheid verpulp is?"

Two Cape Town statues of Jan Smuts and the imbalance in the monumental landscape in the Company’s Garden – a holistic proposal for retention, relocation and replacement

Marius F Ackermann Academic research 2024-08-19

"To make the monumental landscape in and around the Company’s Garden more representative of all communities in South Africa, and considering the history of slavery in the Cape, it would be appropriate to move the second Smuts statue to another location."

Twee Kaapstadse Jan Smuts-beelde en die wanbalans in die Kompanjiestuin se monumentelandskap – ’n holistiese voorstel vir behoud, verskuiwing en vervanging

Marius F Ackermann LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-08-19

"Die Kompanjiestuin in Kaapstad en die tuin se onmiddellike omgewing huisves verskeie prominente standbeelde en ander monumente, waarvan slegs een sedert 1994 opgerig is. [...] Wat veral opval, is die dubbele verering van genl. Jan Smuts by wyse van twee standbeelde, skaars 500 m uit mekaar."

Kersspel

Marius F Ackermann Fiksie 2023-11-23

"My idee? Ek is maar net die skrywer van ’n baie bekende, ou-ou verhaal, ’n baie bekende, ou-ou verhaal sonder ego’s of verskuilde agendas."

Kan ons op regters vertrou?

Marius F Ackermann Seminare en essays 2022-02-07

"Die howe is die sluitsteen van ons demokrasie, wat in die finale instansie die handves van regte interpreteer en toepas. Juis daarom sal sommige politici poog om die regbank met die "regte" kandidate te bevolk en/of van die howe sekere resultate verwag."

Liefde in die tyd van Korona – en daarna

Marius F Ackermann Fiksie 2020-07-03

"Dalk is hy after all nie so ’n slegte ou nie. Vroumense het hom nog altyd senuweeagtig gemaak, maar in Belinda se teenwoordigheid ontspan hy, voel hy vir die eerste keer na die man wat hy kan en behoort te wees."

Pienk

Marius F Ackermann 2012-10-16 "Ben Botha se bloed pomp vanaand blouer as gewoonlik. Oor minder as twintig minute draf sy span op die veld, en hy is nog nie eens naby die stadion nie. ’n Seisoenkaartjie verseker wel jou plek in die Bulkraal, maar vir parkering moet ’n man maar self kop stamp."

Let the people have chicken and beer!

Marius F Ackermann 2012-08-15 "Daar het glo vir geruime tyd ’n sterk bierreuk bo die ongelukstoneel gehang. Die enigste mense wat voordeel uit die situasie getrek het, was ’n aantal locals wat glo bokse en bokse bier en bevrore hoender weggedra het. For free. Vrugte van die ANC-bewind." Marius Ackermann skryf oor Suid-Afrika as Teater van die Absurde.

Die keiser is waarlik kaal

Marius F Ackermann 2012-05-31 "Damaso se kunswerk (wat, soos die Murray-skildery, ook as in swak smaak beskou is) dwing die kyker om die volgende vraag te vra: Wat gaan verhoudinge in die land wees sonder die ikoon Mandela se samebindende, versoenende rol?"

’n Bietjie meer regs, baas Jack

Marius F Ackermann 2011-09-16 Selfs die CIA se enigsins oningewyde snuffelaars kon onmiddellik agterkom waar Fanie Verspuy se hart sit. Stapels lêers en ’n verweerde mat kry jy in elke staatsdienskantoor, maar hier is dit die mure wat praat: ‘n jeugdige Naas ...
Top