Marietjie Lambrechts

Marietjie Lambrechts behaal die grade BIur LLB in 1981, BA (Hons) (met onderskeiding) in 2007, MA (Taalstudie) (met onderskeiding) in 2009 en MA (met spesialisasie in kreatiewe skryfkuns) in 2023 aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy is lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en tans ’n navorsingsgenoot van die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat. Haar navorsingsbelangstellings sluit klassieke kultuur, filosofie, migranteliteratuur en kreatiewe skryfkuns in.

Boekbespreking: My reis met Ingrid Winterbach en Vlakwater

Marietjie Lambrechts Seminare en essays 2016-05-30

"Winterbach neem jou as leser ... op reis deur tyd, ingrypende wêreldgebeure, religie, Westerse sowel as Oosterse filosofie, kunsbewegings, kunswerke, letterkunde, films en musiek na ongewone plekke en bestemmings."

Tirza: Die moderne mens se bestaanskrisis

Marietjie Lambrechts Boeke en skrywers 2015-06-26

"Saam met eksistensialisme ondersoek Grunberg ook die moderne humanistiese wêreldbeskouing en die uitwerking daarvan op ’n individu wat in ’n bestaanskrisis vasgevang is."

Wilma Stockenström: ’n Poëtiese lewe

Marietjie Lambrechts 2014-04-29 "Woorde is rampe, rampe, rampe!
Wys my ’n woord, ene, wat nie kul nie.
Noem my ’n woord wat ek nie onmiddellik kaatsend
sal nasê in die afstande tussen my en die ander,
bollend toegerank met die doringdraad van woorde.
In die begin was ontsnapping en bly dit steeds."

Wals met Matilda deur Dan Sleigh

Marietjie Lambrechts 2014-01-28 Wals met Matilda is alles wat ’n goeie literêre werk behoort te wees. En veel meer.”

LitNet Akademies-resensie-essay: Alfabet van die voëls – ’n Intertekstuele labirint

Marietjie Lambrechts 2013-08-01 Naudé keer na sestien jaar in die buiteland terug na Suid-Afrika. Alfabet van die voëls is deels die produk van ’n meestersgraadstudie in kreatiewe skryfkuns onder leiding van Marlene van Niekerk aan die Universiteit Stellenbosch.

Lesersindruk: Die Sneeuslaper

Marietjie Lambrechts 2013-04-10 "Intertekstuele bronne is in hierdie bundel van groot waarde; trouens, sonder deeglike ontginning daarvan sal die uiteindelike gevolgtrekking waartoe Van Niekerk kom, nie behoorlik gesnap word nie."
Top