Louis Esterhuizen woon op Stellenbosch en is tans die bestuurder van Protea Boekwinkel op Stellenbosch. Hy was voorheen aan die onderwys verbonde en was onder andere adjunkhoof by Pretoria Boys' High School en vakhoof vir Afrikaans by Rondebosch Boys' High School. Hy is getroud met die skryfster Marlise Joubert. Van hom het reeds vyf digbundels verskyn, te wete
Stilstuipe (1986),
Op die oog af (1988),
Die onderwaterweg (1997),
Patzers (1998) en
Opslagsomer (2002). Al vyf is deur Human & Rousseau uitgegee. 'n Sesde bundel,
Liefland het verskyn by Protea Boekhuis. Saam met Henning Pieterse was hy ook die stigter van die bekende Bekgevegte. (Bron: Human & Rousseau.)
Opgedateer/Updated: 2006-09-01
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za