(Na ’n idee van Henrik Nordbrandt)
Ek droom van ’n murgwit dorpie
trouens, dit is geen droom nie
Die berghang is groen weefsel
oopgekam deur repe wingerd
In die boord is daar ’n lang huis
met my vrou wat oopdeur wag
Ek droom swerfsiek kom ek tuis
in ’n murgwit dorpie op oewers
van rivier en versugting van rus
trouens, dit is geen droom nie

