Loop en val

  • 0

(By aanhoor van Matthews Motshwarateu se dood)

Wie sou ooit kon dink
dat dit só sou wees? Jy wat sóveel rondtes
om die baan triomfantlik kon loop
en val
ongemaklik, die komiek van totale toewyding —
Wie sou ooit die afloop van jou laaste wedloop
só voorsien? Jy wat eens die rekords
en medaljes
amper na willekeur kon verwerf: Neergeskiet
in Molape onderweg na huis
wie het kon dink

op drie-en-veertig sou jy
met vier koeëls in jou lyf roemloos
oor die wenstreep
val

hulpwaarts
kruip

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top