
Agterstories: Waarom belê Afrika in God?
2025-09-29"Godsdiens gaan [...] net soveel oor ekonomie as oor geloof."

Agterstories: Geldmasjien (JSE)
2025-08-25"Al is dit maklik om effe sinies te raak in die era van TikTok-beleggingswenke, bied die JSE se merkwaardige reis ’n rede tot optimisme."

Agterstories – Pak die renoster by die horing
2025-07-02"As ons die renoster én sy horing wil red, sal ons meer moet waag, meer eksperimenteer, gereguleerde wettige handel toets, en sintetiese alternatiewe ondersoek. En ons het dringend meer ekonome nodig wat hierdie vraagstukke deeglik bestudeer, elke moontlikheid toets, en saam met ekoloë, natuurbewaarders en veldwagters werk. Net dan – miskien – sal my kleinkinders – en joune – nog ’n renoster in die natuur sien. Met horing en al."

Agterstories – Die verdeeldheid van verveeldheid
2025-06-23"Hierdie resultate staan in skrille kontras met die onlangse romantisering van verveeld-wees in welvarende samelewings."

Die toekoms van die universiteit in ’n KI-wêreld: ’n onderhoud met Johan Fourie
2025-06-09"Ek voorspel dat ons binne ’n paar maande daar sal wees waar ons gaan sukkel om te onderskei tussen ’n middelmatige proefskrif deur ’n werklike student geskryf en een wat met behulp van kunsmatige intelligensie geskryf is."

Agterstories – Ideesmouse
2025-05-08"In ’n tyd toe Engels vinnig besig was om die enigste taal van die staat, en dus ’n 'magstaal' te word, was Pieter de Vos een van die eerstes om ’n droom vir taalgelykheid te verwoord, nog lank voordat Afrikaans as ’n amptelike taal erken sou word. ... Dit bring ons by ’n ongemaklike laaste vraag: Wie is vandag se voorste Afrikaanse publieke intellektueles? Wie waag dit steeds om hul stem te laat hoor in die hedendaagse mark van idees, en met watter doelwitte? En watter hedendaagse platforms bevorder die soort intellektuele, openbare debat waarvoor iemand soos De Vos gepleit het?"

Agterstories – Welkom in die era van die digters
2025-03-31"Podsendings, stemnotas en videogesprekke vervang toenemend teksboodskappe. Maar KI neem dit een stappie verder. ... Verbeel jou nou ’n wêreld waar studente deur gesprek met ’n KI-tutor leer, nie deur opstelle skryf nie, of waar witboordjie werkers idees dikteer terwyl KI-assistente dit intyds verfyn. Waar saketransaksies en regskontrakte mondelings geskep word, met KI as notaris."

Agterstories – Kwyngroei is katastrofies: ekonomiese groei vandag en môre
2025-03-03"Ek is seker Costa Rica is ’n pragtige plek, maar hierdie outeurs se argument berus op ’n fundamentele fout – hulle meen dat vooruitgang en volhoubaarheid twee onversoenbare begrippe is. Hulle dring daarop aan dat ekonomiese groei nie binne omgewingsperke kan plaasvind nie, dat 'volledige ontkoppeling' van die BBP, koolstofemissies of hulpbrongebruik wensdenkery is. Dít is egter eenvoudig nie waar nie."

Agterstories: Eiendomsregte is endogeen
2025-02-11"Daarom is dit onwaarskynlik dat die tipe grondhervorming wat Mlungisi nodig het van die regering sal kom. Groot spronge in tegnologie en infrastruktuur is nodig om vraag na nuwe grondregte te skep. Ware verandering verg die ontwrigting wat innovasie bring, om tradisionele gesag met moderne landbou te belyn."

Agterstories: Hoe koffie ons ryk gemaak het
2025-01-20"Soos Galofré-Vilà verduidelik, het hierdie ruimtes die inligtingsnetwerke van daardie tyd verteenwoordig, waar mense ingekom het om ’n koffie of ’n drankie te geniet, idees te deel en in kontak te kom met mense uit verskillende omgewings en dissiplines. Dit is waarom ek die ontstaan van die nywerheidsomwenteling in Engeland sou korreleer met die aankoms van Londen se eerste koffiehuis, wat in 1652 deur Pasqua Rosée gevestig is."

Agterstories: Wat Sophia ons kan leer oor die ekonomie van slawerny
2024-12-18"Mens sou hoop dat die geskiedenisdepartemente van universiteite soos Kaapstad en Stellenbosch – geleë in die distrikte waar die meeste Kaapse slawe sou gewoon en gewerk het, en waar baie afstammelinge steeds hunker na ’n beter verstaan van hul eie geskiedenis – hierdie gaping sou raaksien en aanspreek."

Agterstories: ’n Ekonomiese teorie oor Afrikaans
2024-11-14"Vir baie van ons is Afrikaans dalk die taal van ons hart, maar die realiteit is, om dit te behou vir ons kinders se kinders wat wag, gaan dit ook die taal van ons spaarvarkie moet word. Bela is maar net die begin."

Agterstories: Waarom is jou baas nie snaaks nie? Die ekonomie van humor in die werksplek
2024-10-17"Is daar ’n wenresep vir ’n goeie grappie?"

Agterstories: Om ’n kaart in die donker te teken
2024-09-16"Dit is verbysterend hoe baie prominente historici, ekonome en ander sosiale wetenskaplikes dit verkeerd gehad het."

Agterstories: Wat ons op skool leer
2024-08-27"Tog, dit wat ons opdoen in daardie klaskamers – die blootstelling aan nuwe idees en die ontwikkeling van kritiese denke – kan ons lewens beïnvloed op maniere wat ons dalk nooit besef nie."