
Die hond
2023-12-08"Sy het ’n voorstedelike bestaan in Pretoria geken, en bevind haar tans waar sy gaan aftree, in ’n nuwe huis tussen Rooiels en die Hangklip, tussen mooi dae wat liggies beef in die briesie en die suidooster wat die wêreld skuins waai. Sy aanvaar die nuwe bedeling met sagte, stoïese helaasheid."

"Ons een-punt-oorwinnings is ’n straf én ’n seën," vertel Hendrik Hancke, skrywer van Onkant!
2023-10-24"Ons twee een-punt-oorwinnings is ’n straf én ’n seën; ons span het die regte temperament om uitkloprugby te speel en daardie ervaring kan goud werd wees teen ’n span wat ’n baie makliker halfeind gespeel het die afgelope naweek."

Die vorm van verlies: Gielie Hoffmann gesels met Eben Venter oor Decima by die Toyota US Woordfees 2023
2023-10-10"Wat deurentyd roerend was tydens hierdie boekgesprek, was hoe hierdie grootse dier, Decima – in al Eben Venter se vertellings en vorme van haar – die skrywer steeds bewoë laat."

Die Kaappunters by die Toyota US Woordfees 2023: "Ons sing oor versoening," vertel Riku Lätti
2023-10-04"Die Kaappunters is protesmusiek, maar dit is ook bedoel om protesmusiek te wees op so ’n manier dat dit eintlik vermaaklik (ook) moet wees. Met die Kaappunters wil ons eerlik praat met mekaar, want dit is deur hierdie stilte waar die bose mense die oorhand kry en mense vyandig maak, in die naam van die Afrikaner, die sogenaamde wit Afrikaner, teen die res van die land. Dit is nie wat ons wil hê nie. Ons is groter, ons is saam met die res van Suid-Afrika."

Elders gesien: Angie Oeh | “Rus sag, my fellow Moot-kind,” skryf Peach van Pletzen
2023-08-22"Die lewe is brutal maar dis ook beautiful. Nes jy Angie. Jy was ’n flikker, ’n beam vir die misfits en ons het jou gesien. Jy het seker gemaak van dit. Jy het die wêreld gegryp en jy het jou merk gemaak."

"Wees geduldig, maar wees braaf": Anton Kannemeyer se raad aan jong kunstenaars
2023-08-11"Afrikaners het van nature ’n innerlike begrip vir verset. Altans die tipe Afrikaners wat ek altyd interessant gevind het." Anton Kannemeyer gesels oor Bitterkomix 19, sy solo-uitstalling binnekort by die Toyota US Woordfees, uitdagings vir jong kunstenaars en die kuns van verset in ’n nuwe swygkultuur.

Bittereinder se laaste maal: ’n onderhoud met Jaco van der Merwe, woordkunstenaar en kultuurbewaarder
2023-07-21Jannike Bergh gesels met Jaco van der Merwe oor Bittereinder se laaste optrede, sy betrokkenheid by Woordfees vanjaar en musikale samewerkings om na uit te sien. Hulle gesels ook oor die kreatiewe proses, oor om te skep en om te rou. “The journey is the destination,” soos hy sê.
