Jannie Rossouw

Jannie Rossouw is ’n politieke ekonoom en besoekende professor by Wits Besigheidskool aan die Universiteit van die Witwatersrand. Hy het aan die einde van 2020 uitgetree as tussentydse hoof van Wits Besigheidskool. Hy was voorheen by die Suid-Afrikaanse Reserwebank en by Unisa werksaam. Hy dien as lid van die Oudit- en Risikokomitee van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl. Hy is ’n raadslid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en dien as ondervoorsitter van die Oudit- en Risikokomitee.

Rossouw is die alleenskrywer of medeskrywer van verskeie artikels wat op makro-ekonomiese vraagstukke fokus, waarvan verskeie in Afrikaanse vakkundige tydskrifte verskyn het. Hy het enkele navorsingsartikels oor die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl gepubliseer. Hy is ’n gegradeerde navorser van die Nasionale Navorsingstigting (National Research Foundation of NRF). Hy het in 2019 die Stalsprys in Ekonomie van die Akademie ontvang.

Trump, grondonteiening, MIV/VIGS en tariewe

Freek Robinson, Jannie Rossouw Onderhoude 2025-02-05

Wat gaan gebeur indien Amerika hulp aan Suid-Afrika permanent staak en Suid-Afrika AGOA-voordele verloor? Ekonoom Jannie Rossouw skets die groter prentjie vir Freek Robinson.

Orania after 60 years: pointers for Orania III from a literature review of Orania II and other sources

Jannie Rossouw Academic research 2024-11-20

"Orania II has now outgrown its establishment years as an Afrikaner enclave; hence the notion of Orania III as the next step in the town’s development."

Orania na 60 jaar: rigtingwysers vir Orania III uit ’n literatuuroorsig van Orania II en ander bronne

Jannie Rossouw LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2024-11-20

"Orania II het nou sy vestigingsjare as ’n Afrikaner-enklave ontgroei en staan op die vooraand van ’n nuwe groei- en ontwikkelingsfase. Die rigting en wyse waarop die dorp voortaan gaan groei, is afhanklik van keuses wat nou gemaak moet word."

Hoe lyk die Suid-Afrikaanse ekonomie voor die verkiesing?

Jannie Rossouw Seminare en essays 2024-04-09

"Met ’n algemene verkiesing op hande weeg vrae oor ekonomiese en politieke vooruitsigte nietemin swaar op die gemoed van baie mense. In Suid-Afrika is hierdie twee verweef."

Tien stukkies raad aan mnr Ramaphosa voor die Staatsrede van 2023

Jannie Rossouw Menings 2023-02-07

"Die sewende stukkie advies handel met die aanwending van Suid-Afrikaners se swaarverdiende belastinggeld. Ons wil hoor dat die regering nie kranksinnige idees sal duld nie en sal optree teen diegene wat hulself daarmee besig hou."

Van monumente gepraat …

Jannie Rossouw, Melt Myburgh Onderhoude 2023-01-26

"Die uitdaging is dus om Afrikaans te handhaaf, byvoorbeeld in skole en by universiteite waar die voertaal Afrikaans is. As Afrikaanssprekendes nie hul taal gaan handhaaf nie, gaan niemand dit vir hulle doen nie."

Various structures commemorating the Afrikaans language and one Afrikaans Language Museum

Jannie Rossouw Academic research 2022-12-14

"This research highlights the fact that the Afrikaans Language Monument in Paarl is not the only commemorative structure for Afrikaans, but merely the best-known structure. One of the aims of article is to raise public awareness of the existence of several Afrikaans language memorial structures and the Afrikaans Language Museum."

Verskeie Afrikaanse taalgedenkstrukture en een Afrikaanse Taalmuseum

Jannie Rossouw LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-12-14

"Terwyl die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl wyd bekend is, het ander Afrikaanse taalgedenkstrukture in Suid-Afrika vergete geraak. Sekere van hierdie taalgedenkstrukture het in verwaarlosing verval."

Reguit met Robinson: Waarom steeds die raskaart?

Freek Robinson, Dirk Hermann, Jannie Rossouw Onderhoude 2022-10-27

"As jy nie meer goed kan doen wat jy moet nie, dan begin doen jy goed wat jy kan." Só sê die ekonoom Jannie Rossouw aan Freek Robinson oor die regering se volgehoue rasbeleid.

Suid-Afrika se staatskuld

Jannie Rossouw Menings 2022-05-05

"Uitgeskryf in syfers beloop dit R1 800 000 000 000 ... Omdat die ekonomiese omstandighede van lande verskil, word die verhouding van staatskuld tot die bruto binnelandse produk (BBP) van ’n land as maatstaf van vergelyking gebruik ... Hierdie verhouding neem jaarliks toe omdat die regering se tekort voor lenings groter is as Suid-Afrika se ekonomiese groeikoers. Oor nog drie jaar kan staatskuld soveel as 75 persent van die BBP beloop."

Presidentsverkiesing in die VSA: ekonomiese implikasies vir Suid-Afrika

Jannie Rossouw Seminare en essays 2020-11-25

"Terwyl Trump dikwels die indruk skep dat internasionale handel ’n nulsom-spel tot nadeel van die VSA is, verstaan Biden dat internasionale handel tot voordeel van alle deelnemers strek. Op grond van hierdie verskil in uitgangspunt sal ’n Biden-administrasie vir Suid-Afrika tot groter voordeel wees as ’n Trump-administrasie."

Nasionale proteste: Hoe nou vorentoe?

Menán van Heerden, Jannie Rossouw Onderhoude 2017-04-20

"Verskonings soos 'wit monopoliekapitaal' word dus voorgehou as redes hoekom ekonomiese sukses nie behaal kan word nie, eerder as om beleidsfoute en korrupsie te erken en met nuwe planne vorendag te kom."

Top