Helene de Kock

Helene de Kock woon in Pretoria en is al byna 40 jaar lank getroud met dr. Jos de Kock. Hulle het drie kinders, Jaco, Herman en Sylvia. Jaco is onlangs oorlede hulle het die troos en vrede om te weet dat hy nou by God woon. Herman en Sylvia skryf albei ook. Herman is getroud met Emmie, en hulle het ‘n fraai dogtertjie, Johanna Helene de Kock, genoem Hanna. Herman is ‘n gekwalifiseerde predikant met spesiale belangstelling in prediking en die geestelike versorging van terminale pasiënte in ‘n hospis. Hy is ook ‘n bankier en skryf net so graag soos sy ma. Emmie is ‘n handelsmerk prokureur. Sylvia woon by Jos en Helene en is ‘n student in bestuursleierskap. Sy skryf ook, en haar spesiale belangstelling is in Christelike geskenkboeke.

Helene se skryfwerk dek ‘n wye spektrum van genres. Sy doen ook joernalistieke werk en skryf resensies vir dagblaaie. Sy skryf al langer as dertig jaar lank en meer as 40 boeke is al gepubliseer. Van haar vroeër werke verskyn nou in omnibusse, maar sy skryf steeds nuwe romans asook geestelike werk en kinderboeke. Daar verskyn binnekort nog ‘n omnibus en ook nuwe romans van haar. By CUM verskyn daar ‘n boek oor haar seun se dood met die titel As dood Lewe word. Sy skryf vir verskeie uitgewers soos Tafelberg Uitgewers, Human & Rousseau, Litera, CUM, Aktuapers en LAPA.

 

Helene skryf graag oor die liefde - maar net so belangrik in haar werk is die klem op die werklike lewe en die eise wat dit aan álle verhoudings stel. Sy verwys na haar romans as verhoudingsverhale. Sy is tans besig met ‘n nuwe roman wat oor ‘n periode van byna ‘n eeu strek. Dit is die liefdesverhale van twee vroue wat nie slegs die trauma van oorlog ken nie maar ook die pyn van verlange en wantroue. Helene het haar Meestersgraad cum laude in Mei 2008 behaal. Haar nuwe roman Dieper Water is juis ‘n uitvloeisel van hierdie studie.

 

Helene was verskeie male naaswenner met die ATKV/Sarie pryse vir vervolgverhale en ook die ATKV/Rooi rose kortverhaalwedstryd. Al haar vervolgverhale is in boekvorm deur verskeie uitgewers uitgegee en ander romans het sommer direk in boekvorm verskyn. Sy het ook soms lesings by die Skryfskool van die Noordwes Universiteit gegee.

Bio-inligting en foto vanaf Helene se webwerf: www.helenedekock.com

Opgedateer/Updated: 2007-10-23
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

 

Sara deur Maretha Maartens: ’n resensie

Helene de Kock Resensies 2019-03-19

"Maretha Maartens slaag daarin om die leser met ’n helder onmiddellikheid in die antieke verlede te plaas."

Deur vuur en water deur Karin Combrinck: ’n resensie

Helene de Kock Resensies 2019-01-07

"Karin Combrinck se taalgebruik is verfrissend en soos genoem, gee sy baie aandag aan besonderhede. Sy het ook ’n wye verwysingsraamwerk en het deeglik navorsing gedoen."

Ter wille van die vaders deur Marzanne Leroux-Van der Boon: ’n boekresensie

Helene de Kock Resensies 2018-09-12

"Enige leser wat oor die volwassenheid beskik om ander religieuse standpunte te akkommodeer en te probeer begryp, sal hierdie goedgeskrewe roman geniet."

Vroue van die Bybel 2 deur Esté Geldenhuys: ’n resensie

Helene de Kock Resensies 2018-07-05

"Nóg ’n boek met die klem op vrouwees? Ja, maar nie heeltemal eksklusief nie. Hierdie ontginning van die lewe van sekere Bybelse figure is wel hoofsaaklik op vroue gemik maar álle gelowiges kan hieruit put."

Keur 3 deur Helene de Kock: ’n skrywersonderhoud

Naomi Meyer, Helene de Kock Skrywersonderhoude 2018-05-10

"Lesers behoort dan te sien dat universele, basiese dinge nie werklik verander nie, maar dat sieninge wel mense se optredes kan swaai. Daarom het ek die verhale wat nou vir die derde maal verskyn, net so gelos."

Resensie: Vroue van die Bybel deur Esté Geldenhuys

Helene de Kock Resensies 2016-08-22

"Die boek is vlot geskryf en die skrywer is seker van haar saak. Geldenhuys probeer nie bekeer nie, sy getuig net."

Top