Gert van der Westhuizen

Gert van der Westhuizen is ’n professor in opvoedkunde in die Departement van Opvoedkundige Sielkunde aan die Universiteit van Johannesburg. Sy onderrig- en navorsingswerk handel oor onderwerpe van leergeregtigheid en die sosiale en politieke dimensies van kennis in opvoedingsinteraksies. Onlangse gepubliseerde werk handel oor die gespreksdimensies van mentorinteraksies en die wyses waarop deelnemers hulle kennisverantwoordelikhede in leergesprekke nakom. Lopende navorsingsprojekte sluit in studies van gesprekke gemik op leer tussen kennishouers in die gemeenskap en kinders buite skoolverband, asook studies van tweedetaal-leerinteraksies op universiteit.

Akademici in Afrikaans

Gert van der Westhuizen Seminare en essays 2015-07-07

"Hier is ruimtes vir ware meertaligheid, op nuutgeskepte wyses wat nuwe beleide en houdings en samewerking nodig het."

Rethinking Thinking: Modernity’s “Other” and the transformation of the University

Gert van der Westhuizen 2013-10-10 "This book is about the need for the transformation of higher education in South Africa. It problematises thinking about universities, and thinking in universities."

LitNet-Spens: Wonderkop

Gert van der Westhuizen 2013-07-19 Wonderkop is die naam van die klipheuwel naby die myn, Lonmin, op Marikana, Noord-Wes Provinsie. Wonderkop is ook die titel van hierdie versdrama oor die tragiese gebeure daar tydens die werkers se staking in Augustus 2012.

Is universiteite besig om hulleself te vervreem?

Gert van der Westhuizen 2013-07-19 Gert van der Westhuizen skryf oor die moderne universiteit.

LitNet Akademies: Karin Cattell in gesprek met Gert van der Westhuizen oor die leerwaarde van klaskamergesprekke in hoër onderwys

Gert van der Westhuizen, Karin Cattell 2012-02-07 Karin Cattell gesels met Gert van der Westhuizen oor sy artikel “Leergesprekke in universiteitsklaskamers: ’n Herwaardering” in LitNet Akademies.

Leergesprekke in universiteitsklaskamers: ’n Herwaardering

Gert van der Westhuizen 2011-11-18 Hierdie artikel bied ’n herwaardering aan van die waarde wat klaskamergesprekke kan hê vir doeleindes van leer. Dit is gebaseer op ’n ontleding van verskillende teoretiese perspektiewe op en gespreksontledingstudies van die aard van leergesprekke.
Top