George Claassen is News24 se ombud en ’n voormalige hoof van die Departement Joernalistiek op Stellenbosch, asook wetenskapredakteur van Die Burger tussen 2001 en 2008.
Claassen is ’n bekroonde wetenskapjoernalis en buitengewone professor in wetenskapjoernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch, waar hy ook agt jaar lank hoof van die Department Joernalistiek was. Hy is ’n voormalige president van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Wetenskapjoernaliste (2008-2009) en was sewe jaar lank wetenskapredakteur van Die Burger. Hy is medesamesteller van Die Groot Aanhalingsboek (Human & Rousseau) en ook skrywer van die topverkoper oor wetenskap en pseudowetenskap, Geloof, Bygeloof en Ander Wensdenkery – Perspektiewe op Ontdekkings en Irrasionaliteite (Protea Boekhuis).