Emile Coetzee

Emile Coetzee is ’n dosent in geskiedenis by NWU Mahikeng en is ingeskryf vir ’n MA in geskiedenis by die NWU Vaal Driehoek-kampus. Hy het in 2008 by die Universiteit van Pretoria ’n BA-graad (met geskiedenis en argeologie as hoofvakke) voltooi en in 2010 sy BHCS-graad in geskiedenis en ’n nagraadse diploma in Museum- en Erfenisbestuur by dieselfde universiteit gekry. Tesame met sy skryfwerk vir vakjoernale en ander akademiese publikasies skryf hy ook artikels, resensies en kortverhale vir die breër leserspubliek.

Begrawe buite Fampoux ... en in Lichtenburg

Emile Coetzee Fiksie 2019-02-06

"Om onbekende redes het Johanna egter ʼn ander plan gemaak om Vic te herdenk en oor hom te rou. In Lichtenburg se begraafplaas het sy vir Vic – of Wijnand vir haar – ʼn vollengte graf laat uitlê waar ’n mens dit vandag steeds kan sien."

First Man

Emile Coetzee Film 2018-11-14

"Hierdie rolprent wys hoe wonderlik dit kan wees wanneer die rolprentvervaardigingsindustrie behoorlik hande met historici vat."

Road Trip SA: ’n onderhoud oor ’n slimfoontoepassing vir elke reisiger

Naomi Meyer, Emile Coetzee Reis 2018-07-19

"Wie sou kon raai dat daar so baie Suid-Afrikaanse monumente, elkeen uniek, in ons land en in ons buurlande en selfs oorsee is?"

Soos ’n leeuwyfie

Emile Coetzee Fiksie 2018-06-28

"Die gordyn het grasieus toegeval toe die begrafnisondernemer uit die vertrek geloop het. Isabel Roux was alleen oor in die kamer. Stil het sy na haar man in die doodkis gestaar."

Darkest hour: ’n resensie

Emile Coetzee Film 2018-02-07

"Darkest hour is die moeite werd om te kyk. Die dinamika van die verhoudings tussen Churchill en die mense met wie hy daagliks en weekliks in verbinding was, bewys hoe angstig en onseker hy gedurende sy eerste ampstermyn was."

Die blokhuis

Emile Coetzee Fiksie 2017-12-21

"Soos menige ander steenblokhuis wat die Britse imperiale magte aan die begin van die laaste eeu gebou het, is hierdie blokhuis dalk nie besonders nie, behalwe een unieke aspek."

Boereverneukers deur Izak du Plessis: ’n lesersindruk

Emile Coetzee Boeke en skrywers 2017-09-20

"Du Plessis se boek is perfek vir die komende Desembervakansie vir elke vakansieganger wat nie meer verveel wil word met die herhalings op die beeldradio nie maar ’n ware, makabere en sinistere roete in die misdaadsgeskiedenis van Suid-Afrika wil volg."

Krotoa: uit ’n historiese oogpunt

Emile Coetzee Film 2017-08-30

"Ek hoop dat hierdie rolprent oor Krotoa wel ’n aansporing sal wees vir vervaardigers en maatskappye wat produksies kan befonds om te erken dat gehore nie histories-gebaseerde rolprente sommer sal verafsku nie – veral nie as dit ’n hoë vlak van akkuraatheid het nie!"

Dunkirk: ’n filmbespreking

Emile Coetzee Film 2017-08-01

"’n Ervare en diepsinnige regisseur met ’n ingeligte draaiboekskrywer is dus nodig om die gravitas van hierdie suksesvolle ontruiming en die impak wat dit in die Britse publiek se psige gelaat het, tot vervulling op die silwerskerm te bring."

Churchill: ’n mening

Emile Coetzee Film 2017-07-27

"Churchill sal nou nie enige prys vir historiese akkuraatheid wen nie, maar die verloop van die storie sal ook nie ’n persoon verveel nie."

Einstein-kompetisie: Emile Coetzee

Emile Coetzee Einstein-kompetisie 2016-04-28

Emile Coetzee is 'n junior lektor en MA-student.

Top