Constant van Graan

Constant van Graan is programleier en senior lektor in forensiese rekenmeesterskap aan die Noordwes-Universiteit (NWU). Hy verwerf ’n BCom, BComHons en MCom in forensiese rekenmeesterskap en ’n PhD in sosiale wetenskappe met verwantskapsdinamika en ontwikkeling aan die NWU. Hy is ’n Kommersiële Forensiese Praktisyn (FP(SA)) en sy navorsing fokus hoofsaaklik op die menslike aspek van forensiese ondersoeke, wat forensiese onderhoudvoering, die verwantskap tussen onderhoudvoering en abnormale sielkunde, ontwikkelingsielkunde se uitwerking op kommersiële misdadigheid en misdaadteorieë binne handelsmisdaadkontekste insluit. Sy navorsing val onder die subprogram ReTORIC in die WorkWell-navorsingseenheid van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (NWU).

Impact and the interpersonal approach: A critical analysis of the person-centred approach to commercial forensic interviewing

La-Rochelle Bekker, Constant van Graan, Ankebé Kruger Academic research 2025-02-21

"The objective of this study is therefore to critically discuss the interpersonal relationship in the context of commercial forensic interviews, as well as to determine the impact of the forensic practitioner on the interviewee (and vice versa)."

Impak en die interpersoonlike benadering: ’n Kritiese analise van die persoongesentreerde benadering tot kommersiële forensiese onderhoudvoering

La-Rochelle Bekker, Constant van Graan, Ankebé Kruger LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2025-02-21

"Die doel van hierdie artikel is [...] om die interpersoonlike verhouding in die kommersiële forensiese konteks krities te bespreek, asook om die impak van die forensiese praktisyn op die ondervraagde (en andersom) vas te stel."

Koningin Lear by Aardklop 2019: ’n grootse ervaring met ʼn wanklank

Constant van Graan Aardklop 2019-10-04

"Met bloed en sweet beitel hul aan hul kuns, tot die vermaak van slegs ’n handjievol. In ’n tyd waar daar ʼn ongeregverdigbare aanslag teen die taal en sy sprekers is, is dit veral teater wat die lewensaar van Afrikaans vorm."

Aardklop 2018: Swerfgoed, onbesonge kultusteater

Constant van Graan Teater 2018-10-11

"Swerfgoed verdien die applous wat dit nooit gekry het nie. En tog kry ’n mens die idee dat dit die betrokkenes min skeel. Soos dit ware kultusteater betaam."

How to kill a language

Constant van Graan Universiteitseminaar | University Seminar 2016-06-07

"Afrikaans, one of the youngest languages in the world, will be extinct in less than a century from now."

"Die Pelgrim" deur Constant van Graan

Constant van Graan 2012-12-27  Met ’n breërandhoed en beskermde vel
Begin sy soektog waarvan almal vertel
’n Pelgrim op sy geldsoekreise
met ’n kruis op ’n kaart as rigtingwyser

"Bakhandstaan" deur Constant van Graan

Constant van Graan 2012-12-18 Deur die koue reën, wind en weer
verwilder en deur
die onvleiende kleur
van die hoëveldson verinneweer

Voorskou

Constant van Graan 2012-10-04 Constant van Graan se kort-kortverhaal, spesiaal geskryf in opdrag van LitNet.
Top