"Bakhandstaan" deur Constant van Graan

  • 1

Bakhandstaan

Deur die koue reën, wind en weer
verwilder en deur
die onvleiende kleur
van die hoëveldson verinneweer

Verwelkom ek dié besoeker wat sê
“Hey, Meneer, het jy ’n Rand of twee?
God sal jou seën, daar’s honger mondjies aan my geleen”

Hy sê
“Die verlange
Na my geliefde naasbestaande
is nou onbeskryflik
Daarom skryf ek
Maar met ? bietjie ching
kan ons mekaar weer sien”

REFREIN:
En hy sê
“Hey, Meneer, het jy ’n Rand of twee?
God sal jou seën, daar’s honger mondjies aan my geleen”

Net ’n bietjie van daai geld
sal al my sorge laat wegsmelt
Net ’n bietjie van daai groengoed
sal my lewe baie versoet

Want ek verdien soveel meer
as al hierdie kyke en vloeke
Ja, ek verdien soveel meer
as die gegiggel agter hande

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top