Skoonma
2020-09-08"’n Ongedurige skoonma is nie ’n ding waarmee ’n man sukkel nie. Soos dit toe ook nou gebeur, kry ek vermoedelik die duiwel se eie sussie vir ’n skoonma, en ek en sy kan van meet af aan nie vatplek kry aan mekaar nie."
Ons hou begrafnis
2020-08-26"Toe kry ons die nuus – ouma Marie is oorlede en ons moet almal begrafnis toe. Niemand is besonder lus om te gaan nie want sy was maar ’n moeilike entjie mens, nie besonder geliefd nie. Maar, plig is plig en reëlings word dus getref."
Ma, waar is Ma nou?
2020-08-21"Die snaakse gevoel as jy by die graf sit en dit voel nie of Ma daar is nie. Sy het nogal ’n sterk teenwoordigheid gehad, jy het van haar geweet."
Ons trek Vrydag
2020-05-15"Vrydagmiddag laat kom ek in Steynsburg aan. Ek is moeg, die honde is geïrriteerd en ek het koffie nodig. Stop voor die deur, Mevrou maak die deur oop en lig my ewe kalm in, sy dink sy sal maar so deur die loop van die volgende week trek. Ek is moerig. Nee, Mevrou, jy het dan gisteraand nog bevestig julle trek vandag."
Allan kom huistoe
2020-04-22"Skoonma verrys soos ’n hersenskim agter hom en bevestig – ja, Allan is daar. Ek kan inkom en, kondig hulle selfvoldaan aan, hulle het besluit Allan gaan voorts by hulle woon en hy gaan nie saam met my nie. Hulle het klaar besluit."
Pixie is net ’n pop
2020-03-11"Lydia wil haar nie in haar huis hê nie, en beweer Pixie se groot ogies volg haar die hele tyd. Monica sien nog minder kans. Sandra is tjoepstil."
