Aslam Fataar

Aslam Fataar is Research Professor in Higher Education Transformation at Stellenbosch University and a member of the Academy of Science of South Africa (ASSAf). He works on higher education transformation, AI in curriculum, learning and teaching, and reparative approaches to historical injustice. He leads the Stellenbosch University project Dialogue, Democracy and Development.

___

Aslam Fataar is Uitgelese Professor in Sosiologie van die Opvoedkunde verbonde aan die Universiteit Stellenbosch. Hy beklee tans ’n navorsingstoel verbonde aan die universiteit se transformasiekantoor. Hy is ’n voormalige Adjunk-Dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde by die Universiteit van Wes-Kaapland, waar hy sy akademiese loopbaan in 1994 begin het. Hy het in Julie 2009 na die Universiteit Stellenbosch geskuif, waar hy vir vier jaar departementshoof van die Departement Opvoedingsbeleidstudie was. Hy is ook ’n voormalige Vise-Dekaan: Navorsing van die US se Fakulteit Opvoedkunde.

Aslam het drie boeke, een boek as medeskrywer, ses geredigeerde boeke en meer as 100 artikels gepubliseer. Hy is ’n NRF-gegradeerde navorser, die voormalige president van die Suid-Afrikaanse Opvoedkunde-navorsingsvereniging en die voormalige redakteur van die geakkrediteerde tydskrif, Southern African Review in Education (2009−16). Aslam dien in ’n verskeidenheid plaaslike, nasionale en internasionale opvoedkundige liggame, sowel as die Raad van die Universiteit Stellenbosch. Hy het ook in die rade van UWK en UK gedien. Hy is die wenner van drie pryse vir sy artikels: die Pringle-prys vir beste artikel oor die onderwys in Suid-Afrika (2011), die Joyce Caine-prys (2008) wat deur die New York-gebaseerde Comparative and International Education Society aan hom toegeken is vir ’n artikel gegrond op sy werk in ʼn Kaapstadse township, en die ATKV-prys vir ’n artikel wat hy met sy student Dr Henry Fillies geskryf het. Laasgenoemde artikel oor die leerpraktyke van jong mense in gemeenskapskonteks het in 2015 in Litnet Akademies (12/3) verskyn.

Foto: Naomi Bruwer

The leadership practices of school principals in respect of creating “physical spaces” to establish healthy learning environments in their schools

Johann Burger, Aslam Fataar Academic research 2018-05-29

"They possess an extraordinary ability to visualise and articulate the emergence of inspirational and creative learning spaces and, with the support of others, turn their schools into accomplished learning environments."

Skoolhoofde se leierskapspraktyke wat betrekking het op die skep van “fisiese ruimtes” om gesonde leeromgewings by hul skole te vestig

Johann Burger, Aslam Fataar LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2018-05-29

"Leeromgewings speel ’n belangrike rol in leerderprestasies, en skoolhoofde wat oor transformerende leierskapseienskappe besit, is in ’n gunstiger posisie as ander skoolhoofde om deur middel van hul eiesoortige leierskaps- en ruimtelike praktyke produktiewe fisiese leerruimtes of leeromgewings te skep om hul opvoeders en leerders se gemoed en gedrag positief te beïnvloed."

’n Onderhoud met bekroonde navorsers Aslam Fataar en Henry Fillies

Menán van Heerden, Aslam Fataar, Henry Fillies Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2018-04-04

"Hierdie prys is ’n erkenning van die behoefte aan navorsingsbenaderings tot die verstaan van onderwys wat fokus op die multidimensionaliteit en kompleksiteit wat nou studente se opvoedkundige weë en praktyke vorm."

Decolonising education in South Africa: An interview with Aslam Fataar

Estelle Kruger, Aslam Fataar Universiteitseminaar | University Seminar 2017-01-23

"Intercultural education promotes a type of epistemic openness to the knowledges of all human beings."

The learning practice formation of rural working class learners based on their funds of knowledge

Henry Fillies, Aslam Fataar Academic research 2017-01-10

"Based on the research for this article we suggest that young people from impoverished backgrounds are productive and creative learners who deploy a range of social and knowledge-informed strategies to establish viable learning paths."

Die leerpraktykvorming van plattelandse werkersklasleerders gegrond op hulle fondse van kennis

Henry Fillies, Aslam Fataar LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2017-01-10

"Die argument kan dus gestel word dat individue nie alleen nuwe dinge oor die tyd heen leer nie, maar dat hulle leer inherent deur hulle lewenservarings beïnvloed word soos wat hulle mense en nuwe gedagtes teëkom, op ’n manier wat hulle nie vooraf kan bepaal of sien nie ..."

Die leerpraktykvorming van hoërskoolleerders op ’n plattelandse werkersklasdorp

Aslam Fataar, Henry Fillies, Estelle Kruger Onderhoude 2016-05-25

"Die omstandighede waaronder hulle geleef het, was by tye ’n bron van inspirasie. Verder was dit betekenisvol in hul sienings van hul toekoms van wat hulle wou word en nie wil word nie."

The learning practice formation of high school learners in a rural working class town

Aslam Fataar, Henry Fillies Academic research 2016-05-17

"It is the way they built their commitments to their learning, via developing strategic identities and practices, in terms of which they were able to position themselves as productive learners in their community context."

Die leerpraktykvorming van hoërskoolleerders op ’n plattelandse werkersklasdorp

Aslam Fataar, Henry Fillies LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2016-05-17

"Hierdie leerders se leer is gevorm en geïnspireer deur en uit hul weiering om hul huidige omstandighede te aanvaar."

Gesprek: "Meneer, ek wil net iets word ..."

Estelle Kruger, Henry Fillies, Aslam Fataar Onderhoude 2015-12-10

Hoe styg 'n werkersklaskind uit bo sy omstandighede? Hier gesels drie opvoedkundiges oor hoe jou denke jou keuses beïnvloed.

Doxa and learning identity practice realisation of high school learners in a rural working-class town

Henry Fillies, Aslam Fataar Academic research 2015-12-03

"This article concentrates on the adaptations that working-class learners make in order to develop and establish their learning practices. The key focus is on aspects of how these learners construct their learning identities in a specific rural town context in the Western Cape."

Doksa en verwerkliking van leeridentiteitspraktyke van hoërskoolleerders in ’n landelike werkersklasdorp

Henry Fillies, Aslam Fataar LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2015-12-03

Henry Fillies en Aslam Fataar fokus in hierdie artikel op die aanpassings wat werkersklasleerders moet maak om hul leerpraktyke te bou. Hulle bied insig in wat dit verg om ’n leerder in ’n landelike werkersklasdorp te wees. Die artikel bied veral begrip van hul produktiewe leeridentiteitspraktyke te midde van diepgewortelde armoede.

Priorities for research in the field of education

Aslam Fataar Opinion 2015-12-02

"Resisting the popular media projection that education is in crisis, I ask instead what kind of research is able to bring the complexity of our current educational experiences into fuller view."

Die verhewe simboliese kapitaal van skoolhoofde op ’n plattelandse dorp

Japie Spies, Aslam Fataar 2014-09-11 "Hierdie artikel fokus op die inwerking van ’n plattelandse-dorp-konteks op skoolhoofde se leierskappraktyke."
Top