Antoinette Coetzee

Antoinette Coetzee is ’n medewerker van Fine Music Radio se Boekkeuse. Sy is ’n afgetrede taalonderwyseres van Kaapstad. Sy hou besonder baie van boeke en is ook die sameroeper van 'n leeskring.

Ek speel vijool

Antoinette Coetzee Fiksiekompetisies 2025-03-27

"Skaars twee maande nadat sy met ’n bottel pryswenner-witwyn, geel rose en ’n Carol Boyes-vaas aftree, is Bella weer terug in haar onderwyspos."

FMR-resensie: Anoniem deur Chanette Paul

Antoinette Coetzee Resensies 2024-06-25

"Dit is altyd moeilik om iets wat so lekker lees en kundig inmekaargevleg is, in ’n genreboks te plaas. Ek sou Anoniem klassifiseer as ’n verhoudingspanningsroman."

FMR-resensie: Grietjie se loutering deur Bettina Wyngaard

Antoinette Coetzee Resensies 2024-06-24

"Die proses van loutering veronderstel dat daar bose figure ook gaan wees. In hierdie geval word hierdie karakters en die gebeure wat die pyn veroorsaak, ook geloofwaardig uitgebeeld. Dit is dinge en mense wat elke dag dwarsoor die wêreld mense raak."

FMR-resensie: Twa die tydloper deur Anoeschka von Meck

Antoinette Coetzee Resensies 2024-06-13

"Soms lees ’n mens ’n roman wat soos ’n stel Russiese houtpoppies ineenpas. Elkeen vertel sy eie storie. Maar in hierdie geval kom ons poppe uit die harde wêreld van Namakwaland en die Richtersveld. En hul praat Afrikaans. In streektaal so eie aan hierdie deel van Afrika dat die skrywer dit met voetnotas vir die leser toeganklik maak."

FMR-resensie: Claremont Daisy deur Willie Hoods

Antoinette Coetzee Resensies 2024-06-13

"Reeds van die begin toon die roman trekke van ’n tipiese tragedie. Die agtergrond van hierdie onstuimige tyd in Suid-Afrika van net ná die Tweede Wêreldoorlog tot en met die vroeë tagtigerjare dui immers op ’n atmosfeer waar trauma gedy. Hierdie somberheid word egter op ’n treffende manier realisties gehou deur die beskrywings van die alledaagse lewe van die inwoners van Claremont en Lady Selborne."

FMR-resensie: Donkertyd. My naam is Tina deur Mariël le Roux

Antoinette Coetzee Boeke en skrywers 2024-05-13

"Ons lewe in ’n tydvak waarin geweld teenoor vroue en kinders in die kollig is. Wanneer hierdie tipe gedrag egter as ’n narratief aangebied word met karakters wat vir die leser lewend word, is die impak veel groter as sensasionele gebeure wat die nuus haal."

Top